'n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak teen die seun van die eienaar van 'n vulstasie in Durban. Die seun het na bewering petrol oor 'n werknemer gegooi, en haar aan die brand gesteek. Sy het ernstige brandwonde opgedoen. Die 31-jarige slagoffer is haar gesin se broodwinner, en kan nie terugkeer werk toe nie. Die voorval het sowat 'n maandgelede gebeur. Marlinee Fouche berig.