Die vervaardigers van die Afrikaanse fliek, "Thys en Trix", het by die Film en Publikasieraad teen die fliek se 16 ouderdomsbeperking ge-appeleer. Die hoofakteurs en mede-vervaardigers van die rolprent, Bouwer en Leandie du Randt-Bosch, sê dit lyk of plaaslike flieks oor 'n strenger kam geskeer word as Hollywood flieks, wat klassifikasie betref. "Thys en Trix het die naweek by plaaslike teaters begin draai.