Die hoogtepunt op die Afrikaanse kalender, die jaarlikse Silwerskermfees in Kampsbaai, is net om die draai. Die organiseerder, Wim Steyn, het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat die Silwerskermfees hierdie jaar spog met verskeie trots Suid-Afrikaanse speelfilms, wat reeds internasionaal aandag getrek het.