'n Herrie het losgebars oor die "Academy of Motion Picture Arts and Sciences" se herstruktureringsplanne. Tonge is veral los oor die beplande "Gewildste film-kategorie" wat beplan om loket-treffers te beloon. 'n Dosent in Drama en Film Studies aan die Universiteit van Pretoria, Dr Chris Broodryk, sê hierdie toevoeging is 'n mistasting aan die Akademie se kant. Hy het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat die aanpassings met die oog op die 2019-toekennings met kykergetalle te doen het.