'n Verskeidenheid sportmotors het die week by Kempton Park aan die Oosrand saamgetrek. Dit was om die Suid-Afrikaanes bekendstelling te vier van die fliek "Ford vs. Ferrari". Die rolprent handel oor die kragmeting wat tussen die twee motorvervaardigers plaasgevind het by die 1966 "Le Mans" uithou-wedren. Maar die keer was dit nie die akteurs, rolprentmakers of glanspersoonlikhede wat die kollig op die rooi tapyt gesteel het nie, maar die karre. Anna-Marie Jansen van Vuuren was daar.....