Die Kaapse Metro poog om meer Moslem-vriendelik te word en op die manier die ervaring van die Moslem-toeris te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede en Batebestuur by die Kaapse Metro, James Vos, sê die Moslem-kultuur is onlosmaaklik deel van Kaapstad en dat dit ekonomies sin maak om in die behoeftes van Moslem-toeriste te voorsien.