Namibië se ministerie van binnelandse sake sê slegs sommige reisigers hoef aankomsvorms by toegangshawens te voltooi. Namibiese burgers, inwoners, permanente inwoners en diegene met opgedateerde e-visums wat ook as aankomsvorms dien, is vrygestel. Reisigers met ouer e-visums moet steeds die vorm voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, gepraat.