In hierdie week se Net nog enetjie kyk Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder na die ope brief van 40 Afrikaners wat onlangs reguit uit die ivoortorings gekom het – ʼn brief met ʼn alternatiewe “Afrikaner-mening”, maar nie noodwendig ʼn vreeslik gewilde een nie. Die span bespreek die inhoud, die toon en waarom dit soveel mense so verkeerd opgevryf het.