Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.... more
FAQs about Netwerk24 Klankgolwe:How many episodes does Netwerk24 Klankgolwe have?The podcast currently has 150 episodes available.
October 25, 2023Rapport Praat Sport | Teenstanders se stert-kolwers groot kopseer vir ProteasDie Wêreldbeker-toernooi het reeds sakke vol hoogtepunte vir Suid-Afrika opgelewer – maar daar is een groot bron van kommer: die boulers se onvermoë om die spreekwoordelike stert af te kap. Altesaam 51% van die lopies teen Suid-Afrika is aangeteken wanneer die stertkant-kolwers voor die penne was. Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, bespreek moontlike redes daarvoor. Sport | Rapport...more20minPlay
October 20, 2023Rapport Praat Sport | Verwag weer Bok-truuks in halfeind teen EngelandVier jaar gelede het hulle Engeland gefop met die bekende ‘The Move’, en laasweek die Franse onkant gevang met ‘n skrum van ‘n merk en danspassies voor ‘n tikskop. In hul Wêreldbeker-herontmoeting Saterdag met die Engelse sal daar beslis weer ‘n truuk of twee wees – vraag is net wat. Sport | Rapport...more16minPlay
October 20, 2023Rapport Praat Sport | Nederland-slae kos Proteas nie hul moedDie Protea-kolwer Rassie van der Dussen het nou wel Dinsdag in die skok-nederlaag teen Nederland sy paaltjie met ‘n omgekeerde veeghou verloor – maar moet vir geen oomblik dink dit maak hom skrikkerig om dit aan te hou probeer nie. Sport | Rapport...more16minPlay
October 10, 2023Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksieDie Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin het - en sommer nog baie ruimte vir verbetering het. Sport | Rapport...more27minPlay
September 28, 2023Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé verklap watter Bok monsterskepdoele op die oefenveld oorklitsJacques Nienaber en Rassie Erasmus sal eers ná die toets teen Tonga besluit hoe hulle gaan maak met hul losskakel-vraagstuk. Kan ’n goeie vertoning aan Handré Pollard die nr. 10-trui besorg vir die kwarteindronde? Of gaan hy die plaasvervangersbank warm hou en eers later in wedstryde vir Manie Libbok vervang. Hendrik verklap ook ’n paar “oefenveldgeheime”. Sport | Rapport...more24minPlay
September 20, 2023Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlynJacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen. Sport | Rapport...more25minPlay
September 12, 2023Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat uit Frankryk: Faf dalk gevra om skoppe by Manie oor te neemDie Bokke het 'n potensiële piesangskil vermy deur Skotland met 18-3 in hul Wêreldbeker-openingswedstryd te klop. Rapport se Hendrik Cronjé, wat die skouspel vir Netwerk24 dek, ontleed dié wedstryd en sê wat hý reken van die spanveranderinge teen Roemenië kan wees. Marco van Staden en Kwagga Smith kan byvoorbeeld die kantmanne wees. Sport | Rapport...more24minPlay
September 05, 2023Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat WB-rugby uit Toulon: Faf of Jaden? Willie of Damian?Die Bokke het 'n paar kopkrap-keuses voor hul Wêreldbeker-openingstoets teen Skotland Sondag in Marseille. Sport | Rapport...more19minPlay
July 12, 2023LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliëntStemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie. Netwerk24...more13minPlay
June 05, 2023LUISTER | Steenhuisen betuig medelyeJohn Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek. Netwerk24...more2minPlay
FAQs about Netwerk24 Klankgolwe:How many episodes does Netwerk24 Klankgolwe have?The podcast currently has 150 episodes available.