Ons bly by die Boma Wildveiling op Okosongoro. Die alombekende Dirk de Bod het ook ‘n paar diere op aanbod en gesels vanoggend met ons oor Saterdag se veiling en hoekom wildboere daar eenvoudig moet wees.
Luisteraars word daaraan herinner dat belangstellendes in die Okosongoro Boma Wildsveiling nie moet bekommer nie!!! Voornemende kopers moet asseblief vir Anke Erasmus van Agra Auctions by die volgende epos:
[email protected] of sel nommer 081 288 9310 kontak, om die nodige dokumente te kry. Kopers gaan dan na hulle naaste polisiestasie gaan en aansoek doen vir ’n reispermit. Die veiling moet nou ongelukkig beperk word tot slegs kopers. Die nodige Covid-19 regulasies sal streng toegepas word.