Die onderwysministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy wil nie verdere kommentaar lewer op die kwessie dat die Internasionale Senior Sertifikaat, of IEB, nie deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid geakkrediteer is nie. Die owerheid sê dat net seker universiteite IEB toelaat maar dit word nie amptelik in Suid-Afrika herken nie, en daarom erken Namibië dit ook nie. Lina Ndengu, die owerheid se woordvoerder het meer.