Casandra, oftewel Cassie, Ventura het verskyn as die belangrikste getuie in die sekshandelverhoor van Sean "Diddy" Combs in New York. Die 55-jarige Combs is aangekla van rampokkery, sekshandel en die vervoer van persone om aan prostitusie deel te neem. Hy het skuld ontken. Die agt-maande swanger Ventura, die hip-hop-mogul se eks-meisie, het emosionele getuienis gelewer en beweer dat hy haar mishandel en beheer het tydens hul verhouding. SkyNews se Martha Kelner berig uit New York.