Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Help Kuba, pleit NNN
    Nandi-Ndaitwah het ook na die humanitêre fondsinsamelingsprojek plaaslik verwys om die mense van Kuba te help. Meer as 700 000 Namibiese dollar is reeds ingesamel.
    1 min
  • Help Kuba, pleit NNN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Saterdag tydens die opening van Swapo se sentralekomiteevergadering in Windhoek opnuut die regerende party se steun aan Kuba beklemtoon. Die Trump-administrasie plaas Kuba onder toenemende druk sedert die begin van die jaar, insluitend die blokkering van olie.
    1 min
  • Rassebevoordeling in hoër onderwys moet stop, sê Saftu
    Saftu het die regering en die departement van hoër onderwys en opleiding versoek om die transformasie van die hoëronderwyssektor te prioritiseer. Statistiek toon 39,7-persent van die professore aan die Universiteit van Kaapstad is wit, 39,3- persent is buitelandse burgers, terwyl Afrika-, bruin en Indiese professore saam slegs 22,6-persent uitmaak. Asive Dyani van Saftu sê dit moet nie 'n kompetisie tussen swart Suid-Afrikaners en swart Afrikane van elders op die vasteland word nie, terwyl die geskiedenis van rassebevoordeling nog steeds voortduur:
    1 min
  • Regering moes lankal graan deur Amta koop
    Landboukundige Wallie Roux sê die regering se besluit om graan van plaaslike meulenaars deur die Agro-Bemarkings- en Handelsagentskap, Amta, te koop, is lankal agterstallig. Dit volg op 'n buitengewoon goeie oes, met produsente wat nou sukkel om hul graan te verkoop. Die regering het 40 miljoen Namibiese dollar vir die aankope toegeken, terwyl plaaslik vervaardigde voedsel ook in die skoolvoedingsprogram ingesluit sal word. Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Amta dit reeds moes gedoen het om die druk op produsente wat beperkte bergingsfasiliteite in die gesig staar, te verlig.
    1 min
  • Motornuus: Motocross brul by Gallina
    ‘n Aksiebelaaide twee dae van uitsoek-MX-jaers wag op motocross-entoesiaste met die Motocross of African Nations-kampioenskap wat vandag by die Gallina Motocrosspark begin. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het met Derek Jacobs, sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsportfederasie gepraat:
    1 min
  • Instant Payments Namibia stel webwerf bekend
    Instant Payments Namibia, of IPN, 'n filiaal van die Bank van Namibië, het sy amptelike webwerf bekendgestel om as 'n sentrale openbare inligtingsportaal te dien vir die ontwikkeling van die Nasionale Kitsbetalings-ekosisteem. Die platform beskryf hoe IPN die gedeelde infrastruktuur bedryf wat kommersiële banke, betalingsdiensverskaffers en elektroniese gelduitreikers verbind deur gestandaardiseerde reëls te gebruik. IPN se hoofbedryfsbeampte, Marsorry Ickua, sê dat die webwerf belanghebbendes en die publiek 'n betroubare bron bied om die rol van die stelsel in die fasilitering van digitale transaksies te verstaan.
    1 min
  • Ses Suid-Afrikaners in Nepal vermis
    Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk deur Suid-Afrika se diplomatieke missies in China om ses Suid-Afrikaners op te spoor wat in Nepal vermis word. Die ses, wat vermoedelik uit KwaZulu-Natal kom, is onbereikbaar sedert dodelike kitsvloede Woensdag die Bhote Koshi-riviergebied naby die Tibetaanse grens getref het. Ntshavheni sê DIRCO bly in kontak met die families en die owerhede:
    1 min
  • SA woeker met nuwe TB-entstof
    Die kabinet sê die regering is besig met voorbereidings vir die registrasie en bekendstelling van 'n nuwe tuberkulose-entstof indien die voortgesette Fase Drie-toetse suksesvol is. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die M72/AS01E-kandidaat word in Suid-Afrika en ander lande getoets en is gemik op die voorkoming van om aktiewe pulmonale tuberkulose by adolessente en volwassenes. Dit sal die eerste nuwe tuberkulose-entstof in meer as 'n eeu wees:
    1 min
  • Verlies aan beheer oorsaak van vliegongeluk by Eros
    Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom dat 'n verlies aan beheer op die grond die waarskynlike oorsaak was van 'n vliegtuigongeluk in 2025 by Windhoek se Eros-lughawe. Die finale verslag deur die Direktoraat van Vliegtuigongeluk- en Voorvalondersoeke het geen bewyse gevind van 'n voorafbestaande vliegtuigfout of stelselwanfunksie nie. Hoofondersoeker Ben Engelbrecht sê dat die RV9A-vliegtuig lugwaardig was en in ooreenstemming met bestaande regulasies en goedgekeurde prosedures in stand gehou is.
    1 min
  • Astronomiese belegging in kragopwekking in SA nodig
    Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet van energiebeplanning na lewering oorgaan, gerugsteun deur 'n elektrisiteitsbeleggingsprogram van 2,23-duisend-miljard-rand. Ramokgopa het tydens 'n byeenkoms van rolspelers in die energiesektor in Johannesburg gesê die Geïntegreerde Hulpbronplan mik daarna om teen 2039 sowat 105-duisend-megawatt nuwe opwekkingsvermoë by te voeg. Dit sluit in son-, wind-, gas-, berging- en kernkrag. Hy sê privaat beleggers en ontwikkelingsbefondsingsinstellings sal 'n sleutelrol speel, aangesien 440-miljard-rand nodig is vir uitbreidings en nuwe transmissielyne:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.