Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Openbare instellings moet saam met media werk
    Nipam se uitvoerende direkteur, Heroldt Murangi, spoor staatsbeheerde ondernemings en openbare instellings aan om sterker, meer oop verhoudings met die pers te bou. Murangi sê dat 'n onafhanklike media noodsaaklik is om deursigtigheid te handhaaf, openbare amptenare aanspreeklik te hou en ingeligte debat in 'n demokrasie te dryf. Hy sê openbare instellings moenie slegs na die media uitreik in tye van krisis nie.
    1 min
  • VN vra triljoene vir Ebola-uitbreking
    Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra 17,59-triljoen Namibiese dollar om ʼn plan om die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te bekamp, volledig te befonds. Volgens berigte is 5 713 gevalle en 2 744 sterftes aangemeld. Hierdie Ebola-epidemie versprei die vinnigste ooit. Guterres sê die DRK-regering en die Wêreldgesondheidsorganisasie het ʼn VN-beampte as senior Ebola-koördineerder aangestel, wat aan vyf prioriteite moet aandag gee:
    1 min
  • Aanbou van skole in Gauteng te stadig
    Die DA sê slegs 202 openbare skole is in die afgelope 32 jaar in Gauteng gebou, wat 'n gemiddeld van sowat ses skole per jaar is. Volgens die party is net een skool tans in aanbou, al benodig die provinsie minstens 200 meer skole om die oorbevolking aan te spreek. Sergio Isa Dos Santos van die DA het die provinsiale regering daarvan beskuldig dat hulle nie beloftes nakom om nuwe skole te bou nie:
    1 min
  • Beesstert onder druk in SA
    Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê die hersiene invoervereistes beperk die beskikbaarheid van Argentynse beesstert in die plaaslike mark. Die organisasie sê die beperkings volg op veranderings aan Suid-Afrika se veeartsenykundige sertifikaat vir Argentynse beesvleis. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Paul Matthew, sê die maatreëls beïnvloed die aanbod en plaas druk op verbruikers en vra die reëls moet dringend hersien word:
    1 min
  • Namfisa het groot kommer oor sommige mikroleners
    Namfisa het kommer uitgespreek oor onwettige en onetiese praktyke deur sommige plaaslike mikroleners. Junias Erasmus, die owerheid se verbruikersopvoedingspesialis, sê dat baie desperate leners blanko of onvolledige leningsdokumente onderteken, wat dit vir die reguleerder moeilik maak om in te gryp wanneer geskille ontstaan. Erasmus sê dit is onwettig vir mikroleners om persoonlike identiteitsdokumente, bankkaarte of PIN-nommers te eis of terug te hou. Hy vra die publiek om nie-nakomende leners onmiddellik aan te meld.
    1 min
  • Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor
    Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag te verstaan en 'n vroeë waarskuwingstelsel te ontwikkel om gemeenskappe te help weet wanneer olifante naby is. Professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, verduidelik:
    1 min
  • Eeyore se stemakteur sterf op 85
    Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy het die diep baritonstem van die Autobot-leier Optimus Prime in die 1984-geanimeerde reeks The Transformers geskep. Hy is ook wyd gevier vir die vertolking van Eeyore in Disney se Winnie the Pooh-franchise.
    1 min
  • Kenner sê oor helde en bevrydings louere
    Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
    1 min
  • Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag
    Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol en diesel dwarsdeur die jaar, maar die nuwe pryse sal hoofsaaklik bepaal word deur die gemiddelde internasionale prys van geraffineerde produkte en die wisselkoers.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.