Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Paaie-owerheid kry beheerstelsel vir land se paaie
    Die Paaie-owerheid het 'n nuwe projekbeheerstelsel van 13 miljoen Namibiese dollar bekendgestel om die bestuur van die land se padnetwerk van 50 000 km te stroomlyn. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het beklemtoon dat die padnetwerk van 220 miljard Namibiese dollar 'n kritieke bate is wat gemeenskappe verbind, handel aandryf en ekonomiese groei aanvuur.
    1 min
  • Cosatu vol lof vir ANC-manifes
    Die vakverbond Cosatu sê die ANC se 2026-manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing gaan oor werkers se behoeftes, van werkskepping tot alle munisipaliteite se verpligting om salarisse te betaal. Die party se manifes dek ses belangrike prioriteite, insluitend beter watervoorsiening, betroubare elektrisiteitsvoorsiening en die aanspreek van diensleweringsprobleme in gemeenskappe. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die dae van middelmatigheid, korrupsie en misdadigheid moet einde kry en voeg by diegene wat nie hul kant bring nie, moet gaan:
    1 min
  • Amerikaner Clark vat BMW-kampioenskap
    Die Amerikaner Wyndham Clark het na 'n stryd met sy landgenoot Patrick Cantlay en Rory McIlroy van Noord-Ierland die BMW-kampioenskap in Missouri met drie houe gewen vir sy derde oorwinning van die seisoen. Clark het die laaste dag met 'n voorsprong van vyf houe begin, maar dit is vinnig uitgewis nadat Cantlay en McIlroy hom ingehaal en uitgedaag het. Clark kon egter vasklou en het uiteindelik op 17 onder klaargemaak. Cantlay was tweede en McIlroy derde. Clark sê ervaring het hom oor die laaste hekkie gekry:
    1 min
  • Beloftes moet omsit in uitvoerbare infrastruktuurprojekte
    Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê munisipale infrastruktuur is noodsaaklik vir dienslewering en ekonomiese groei. Hy het in Kaapstad by die simposium vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika gepraat. Die geleentheid wat tans plaasvind, bring uiteenlopende rolspelers byeen. Dit sluit in beleggers, finansiële instellings, beleidmakers, meningsvormers en ander belangrike vennote wat Suid-Afrika se infrastruktuur-beleggingsmandaat moet bevorder. Macpherson sê hulle moet beloftes omsit in uitvoerbare infrastruktuurprojekte en werkende bates:
    1 min
  • Fils, 21ste gekeur, vat Cincinnati Ope
    Arthur Fils van Frankryk het die grootste titel van sy loopbaan by die Cincinnati Ope opgeraap. Die 21ste gekeurde Fils het die Amerikaner, Frances Tiafoe, verslaan om met sy eerste ATP Meesters 1000-kroon te spog. Hy het tien plekke opgeskuif en is elfde op die wêreldranglys – die beste van sy loopbaan. In die vroueafdeling het die Amerikaner Coco Gauff met haar landgenoot, Jessica Pegula, afgereken om haar tweede Cincinnati Ope-titel te buit. Fils sê sy harde werk is beloon:
    1 min
  • Namibiese LP's neem prominente leiersposte in by PAP
    Namibië het 'n prominente leierspos in die Pan-Afrikaanse Parlement verseker na die verkiesing van die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo, as voorsitter van die komitee oor samewerking, internasionale betrekkinge en konflikoplossing. Die mylpaal is in die Nasionale Raad aangekondig deur parlementslid Olivia Hanghuwo nadat 'n parlementêre afvaardiging die kontinentale liggaam se Buitengewone Sitting in Midrand, Suid-Afrika, bygewoon het. Hanghuwo het bevestig dat drie Namibiese parlementslede amptelik in die wetgewer ingehuldig is en aan sleutelkomitees toegewys is, terwyl die vergadering ook 'n verslag aangeneem het wat die parlement se nuutverkose leiersburo erken.
    1 min
  • Ramaphosa erken ANC se mislukkings
    Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party aanvaar verantwoordelikheid vir beide die vordering wat hy gemaak het en sy regeringstekortkominge. Hy het gister die party se manifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November in Johannesburg bekendgestel. Ramaphosa sê die ANC sal nie vlug voor die uitdagings wat munisipaliteite in die gesig staar nie, insluitend onbetroubare dienste, verswakkende infrastruktuur, swak leierskap, korrupsie en die aanstelling van mense sonder die vereiste vaardighede. Hy sê die vertroue van mense kan nie geërf word nie; dit moet verdien word:
    1 min
  • Norris van Nederlandse Grand Prix
    McLaren-renjaer Lando Norris het die Nederlandse Grand Prix gewen. Die Brit het voor die Mercedes-paar, Kimi Antonelli en George Russell, oor die wenstreep gejaag. Lewis Hamilton en Charles Leclerc van Ferrari is onderskeidelik vierde en vyfde. Die tuisskare se gunsteling, Max Verstappen van Red Bull, is uit na slegs een ronde. Die uitslag laat Antonelli met ʼn kampioenskapsvoorsprong van 59 punte voor Russell. Norris sê sy motor moet nog baie verbeter:
    1 min
  • Okahandja lei met planne met skuld
    Die Okahandja Munisipaliteit sê dat hul onlangse oproep aan pensioenarisse, behoeftige inwoners en onafgeslote boedels om uitstaande munisipale skuld te registreer, streng 'n inligting-insamelingsoefening is, nie 'n gewaarborgde skuldafskrywing nie. Adjunkburgemeester Charl Coetzee verduidelik dat die registrasie-veldtog volg op 'n opdrag van die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie, om die omvang van die skuldlas onder kwesbare huishoudings te bepaal. Coetzee beklemtoon dat ingesamelde data aan die ministerie voorgelê sal word om te evalueer of befondsing of verligtingsmeganismes bestaan, en dat geen skuld op hierdie stadium afgeskryf kan word nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Ithula doen beroep dat oorskot van ander soldate ook gevind word
    Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Ithula, het Namibiërs versoek om die land se ontslape vryheidsvegters te vereer deur nasionale eenheid en die beginsels van die Grondwet te handhaaf. Dit kom terwyl die oorskot van ontslape vryheidsvegters vandag by Helde-akker herbegrawe word. Ithula het beklemtoon dat die eerbiediging van hul hoogste opofferings die handhawing van die vryhede wat in die hoogste wet vasgelê is, vereis. Hy het bygevoeg dat die nasie 'n voortgesette plig het om die oorskot van leiers wie se grafte nog onbekend is, insluitend Brendan Simbwaye en Tobias Hainyeko, op te spoor.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.