Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • McIlroy begin goed by BMW-kampioenskap in Missouri
    Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, het met ʼn openingsrondte van ses onder 64 by die BMW-kampioenskap in Missouri, heelwat beter gedoen as verlede week se teleurstellende vertoning by die FedEx St Jude-kampioenskap. Die speler van Noord-Ierland deel die voorsprong met die Amerikaanse viermanskap Gary Woodland, Wyndham Clark, JJ Spaun en Chris Gotterup. Die wêreld-nommer-een en verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, het ʼn ellendige openingsrondte gehad en is agt houe agter die voorlopers. McIlroy sê hy voel beter oor sy spel:
    1 min
  • SA-nywerhede moet hervorm, land kort groei van ministens 3%
    Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore, sê Suid-Afrika moet ekonomiese groei van minstens 3 persent behaal om werk te skep en werkloosheid te verminder. Gore het tydens die bekendstelling van fase drie van die vennootskap tussen die regering en nywerhede in Johannesburg gesê vordering is gemaak met die beëindiging van beurtkrag, die verbetering van logistiek en die herstel van beleggersvertroue, maar groei bly te stadig. Hy sê die regering en nywerhede moet nou hul fokus van hervorming na groei verskuif:
    1 min
  • Brittanje het elke 25 sekondes 'n voorval van onwettige storting
    Die omvang van onwettige storting in Brittanje het rekordhoogtes bereik. Dit word wyd erken deur plaaslike owerhede en omgewingsliggame as 'n kritieke burgerlike en finansiële las. Amptelike syfers van toon dat plaaslike owerhede in Engeland alleen 1,26 miljoen voorvalle van onwettige storting oor die 2024/25-periode aangeteken het. Dit is gelykstaande aan ongeveer een voorval elke 25 sekondes. Premier Any Burhnam het besoek afgelê aan ‘n terrein in Nottinghamshire, waar meer as 55 000 ton onwettige afval gestort is.
    1 min
  • Cosatu vra Premier Foods om Tulbagh op die been te hou
    Die vakbondfederasie Cosatu, Solidariteit, die Inmaakvrugteprodusentevereniging, en ander vrugteprodusente, doen 'n beroep op Premier Foods om nie sy Tulbagh-vrugte-inmaakfabriek in die Wes-Kaap te sluit nie. Malvern de Bruyn van Cosatu sê die sluiting sal 424 fabriekswerkers, honderde vrugteprodusente en duisende ander mense raak wie se lewensbestaan van die fasiliteit afhang:
    1 min
  • Skulddagvaardigings daal effe in SA
    Statistiek Suid-Afrika sê siviele skulddagvaardings het tussen April en Junie met 0,8-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Skuldvonnisse het egter met 9,9-persent toegeneem. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die syfers dui aan hoewel minder nuwe skulddagvaardings uitgereik is, het meer skuldsake tot hofvonnisse gelei met die betrokke bedrae wat aansienlik hoër was:
    1 min
  • Nuwe wetsontwerp oor geestesgesondheid sal faal
    Parlementslid Eddie /Nanub waarsku dat die nuwe Geestesgesondheidwetsontwerp pasiënte en gesondheidswerkers sal faal tensy wetgewers 'n volledige implementeringsbegroting en infrastruktuurplan aanheg. /Nanub voer aan dat die wetsontwerp eerstewêreldstandaarde vereis terwyl chroniese onderbefondsing, ernstige oorbevolking van fasiliteite en 'n kritieke tekort aan mediese personeel geïgnoreer word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • VSA draai na ekonomiese oorlog teen Iran
    Oliepryse het vanoggend min verander, maar is op koers vir 'n tweede weeklikse styging namate die dooiepunt in die oorlog tussen die VSA en Iran steeds die aanbod van die belangrikste Midde-Oosterse produserende streek ontwrig. Brent verhandel tans net onder 94 Amerikaanse dollar ‘n vat. President Donald Trump sê hy stel sy visier nou op ‘n ekonomiese oorlog. Sy finansminister Scott Bessent.
    1 min
  • Teichman glo Rassie se groep kan All Blacks klop
    Die voormalige Springbok-kaptein Gary Teichman glo die huidige Bok-groep is in die beste moontlike posisie om sy span se reeksnederlaag teen die All Blacks 30 jaar gelede te wreek. Nieu-Seeland het in 1996 2-1 gewen vir hul eerste reeksoorwinning ooit in Suid-Afrika. Die eerste van vier toetse vind Saterdag op Ellispark plaas. Teichman sê afrigter Rassie Erasmus het 'n sterk groep gebou wat Nieu-Seeland kan klop:
    1 min
  • IPC vra rapportering oor verliese oor stralerbrandstoftekorte
    Reaksie word ontvang oor die tekort aan stralerbrandstofvoorrade by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, met die IPC wat sê dat die brandstofvoorsieningstekorte 'n patroon geword het. Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem nie individuele verskaffers is nie, maar wys op die groter kwessie van brandstofsekerheid wat as nasionale ekonomiese sekuriteit behandel moet word. Hy het meer.
    1 min
  • Napha verwelkom konsultasies oor luiperd-trofeejag
    Die Namibië Professionele Jagtersvereniging, Napha, het openbare konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies, kwotas en fooie verwelkom. Die konsultasies begin volgende Dinsdag in Keetmanshoop en sal ook in //Kharas, Hardap, Otjozondjupa, Erongo, Kunene, Zambezi en Khomas aangebied word. Napha-president Hannes du Plessis sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is van kardinale belang vir belanghebbendes in die jagbedryf om dit by te woon en hul insette te lewer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.