Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Misa eis wetstoepassing na dodelike klipgooiery op R24
    Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van 'n vrou wat deur 'n groot klip getref is terwyl sy onder 'n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen 'n beroep op motoriste om waaksaam te bly, te verhoed dat hulle onder brûe stop en om ekstra versigtig te wees wanneer hulle bekende brandpunte nader:
    1 min
  • Nanso en Nantu werk nou saam
    Die nuut-ondertekende memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Nasionale Studente-organisasie en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, is daarop gemik om samewerking op skoolvlak te verdiep. Nanso-president Dorthea Nangolo sê dit verseker dat Nantu-onderwysers studenteleiers oplei en lei, terwyl 'n gesamentlike navorsingseenheid gestig word om te verseker dat alle voorspraak beleidsgedrewe is. Nangolo praat met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • BKS: 82% van Wes-Kaapse kuddes ingeënt
    Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480 000 entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê 28 uitbrekings is steeds aktief, terwyl 11 opgelos is:
    1 min
  • Alles op dreef vir MXoAN volgende naweek
    Die Internasionale Federasie van Motorfietsry, FIM, se Motocross of African Nations vind op volgende naweek op die Gallina-baan net noord van die hoofstad plaas. Dit kom na Namibië verlede jaar in Zimbabwe toegewys is as vanjaar se gasheer. Nagenoeg 180-plus ryers van 10 lande neem deel. Namibië se eie motocross-veteraan Ingo Waldschmidt is aan die woord.
    1 min
  • Cran maan oor opdatering van verouderde stelsels
    Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan doen 'n beroep op organisasies om verouderende digitale sekuriteitsgapings reg te stel. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, waarsku dat kuberkrakers toenemend 'n 20 jaar oue tegniek, bekend as "Structured Query Language Injection", gebruik om webwerwe te mislei om beskermde databasisse bloot te stel. Deur skadelike opdragte in alledaagse vorms soos soek-funksies of aanmeldbladsye in te voer, kan kubermisdadigers wagwoorde omseil om kliënterekords te steel, finansiële lêers te verander of stelsels af te sluit. Nesongano sê besighede moet verouderde sagteware opdateer en gereeld hul webtoepassings toets om sensitiewe openbare data te beskerm.
    1 min
  • Walvis se agterplaasplakkers vasgevang in burokratiese rompslomp
    Duisende agterplaasplakkers in Walvisbaai wag steeds vir huise, terwyl burokrasie die 33-hektaar Farm 37-behuisingsprojek vertraag. Alhoewel 75 miljoen Namibiese dollar in Julie 2025 vir die eerste fase opsy gesit is, bly vordering vasgevang in dorpsgoedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai-gemeenskapsaktivis Deriou Benson gepraat wat dringende ingryping versoek.
    1 min
  • Akkerbouraad gesels oor hemel hoë vrugtepryse
    Plaaslike vrugtepryse styg skerp, met die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap wat 'n toename van 15,3 persent vanaf die vorige maand toon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Akkerbouraad se bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, gesels oor pogings om plaaslike vrugteproduksie te bevorder. Sy sê 'n nuwe vrugte-ontwikkelingsubsidieskema help boere om die koste van kunsmis, plaagdoders en plantmateriaal met 30 persent te verminder.
    1 min
  • Trump sê baie skepe beweeg deur Straat van Hormuz
    Amerikaanse president Trump het aan verslaggewers buite die Withuis gesê dat die VSA baie skepe het wat deur die Straat van Hormuz beweeg, blykbaar met verwysing na berigte dat die Amerikaanse vloot gehelp het om olie veilig deur die seestraat te kry. Die New York Times het Woensdag berig sowat 5 miljoen vate kom daagliks deur, af van 15 miljoen vate voor die oorlog. Trump het ook gesê dit is hoekom die olieprys in die lae 80 Amerikaanse dollar per vat is, en dat lande na die VSA kom vir olie, sonder bewyse. Brent-ruolie was egter Woensdag op sowat 92 Amerikaanse dollar per vat. Luister na Trump.
    1 min
  • Adams eis parlement moet bewerings dat hy lieg terugtrek
    Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy regspan het van die parlement geëis om bewerings terug te trek dat hy inligting oor sy problematiese skootrekenaar versin het. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het hom daaroor uitgevra. Adams het bevestig LP's kry drie toestelle, maar ontken dat hy beweer het al drie het nie gewerk nie. Hy sê e-posboodskappe is voorgelê om sy weergawe te staaf:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.