Die Forum for South Africa vra 'n ondersoek na die buitensporige styging in vleispryse in die land. Nuwe data van Statistieke Suid-Afrika, wys die jaarlikse styging van vleispryse het van Desember tot nou van 12,6-persent tot 13,5-persent gestyg met drie beesvleisprodukte wat die hoogste jaarlikse styging van al 391 produkte in die verbruikersindeks-mandjie behaal het. Die voorsitter van FOSA, Tebogo Mashilompane, sê vleis raak onbekostigbaar vir werkersklas huishoudings: