Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Nuus:How many episodes does Nuus have?The podcast currently has 59,988 episodes available.
February 18, 2026Ekonoom sê oor moontlike gryslys verwyderingReaksie word ontvang op die Finansiële Intelligensie-sentrum wat vol hoop is dat Namibië van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys verwyder sal word, nadat al 13 tekorte wat uitgewys is, voor die sperdatum van Mei vanjaar aangespreek is. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomie-department gepraat, wat sê dit is uiters goeie nuus. Hy verduidelik....more1minPlay
February 18, 2026Repokoers onveranderdDie Bank van Namibië het die repokoers onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur, Ebson Uanguta het vanoggend die aankondiging gemaak en het die redes daarvoor so uiteengesit....more1minPlay
February 18, 2026Kommer oor NNN wat al hoe meer onder haar vlerk neemLPM-leier Bernadus Swartbooi het bygedra tot die voortdurende debat oor die Wysigingswetsontwerp op Petroleum van 2025 en gewaarsku dat te veel mag aan die uitvoerende gesag gegee word. Swartbooi het gewaarsku dat die oliewetsontwerp 'n problematiese presedent kan skep en die beginsel van skeiding van magte kan verswak. Swartbooi het sy kommer in die Nasionale Vergadering uitgespreek....more1minPlay
February 18, 2026Brandstof-kleinhandelaars frustreerd met Nasan Energies se verkrygingBrandstofkleinhandelaars landwyd word toenemend gefrustreerd oor Nasan Energies se voorgestelde verkryging van 52 vulstasies na Engen se oorname deur Vivo Energy, wat sedert 2023 stagneer. Hulle het kommer uitgespreek, veral oor hoe die verkryging hul bedrywighede kan ontwrig en breër markmededinging kan beïnvloed. Namens die kleinhandelaars het dr. Leake Hangala van die Hangala-groep sy ontevredenheid uitgespreek en die lynministerie aangespoor om in te gryp om die belange van klein kleinhandelaars te beskerm....more1minPlay
February 18, 2026Reaksie op reokoers wat onveranderd blyReaksie word ontvang op die Monetêre Beleidskomitee van die Bank van Namibië wat die repokoers onveranderd gehou het op 6,5 persent. Dit was vanoggend deur goewerneur Ebson Uanguta aangekondig. Ekonome het dit so voorspel. Oliver Diggle van Cirrus in die hoofstad....more1minPlay
February 18, 2026DBV behaal oorwinning teen pitbull-teler in KZNDie Nasionale Raad van DBV’s het die skuldigbevinding van Amod Sheik in die landdroshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkry vir dieremishandeling van 17 pitbull-tipe honde. Dit volg na 'n ondersoek van vier jaar. Sheik is gevonnis tot 'n boete van 3 000 Suid-Afrikaanse rand of drie maande gevangenisstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is. Jacques Peacock van die Raad van DBV's het die pogings deur sy Spesiale Ondersoekeenheid, die Pietermaritzburg Dierebeskermingsvereniging, en ander kundiges geprys:...more1minPlay
February 18, 2026Build It open sy deure op RehobothBuild It Rehoboth, die nuutste toevoeging tot die Nictus Holdings Limited-groep, het Maandag sy deure vir die gemeenskap geopen, voor die amptelike bekendstelling op 27 en 28 Maart. Francois Wahl, direkteur van Build It Rehoboth, het meer....more1minPlay
February 18, 2026DA verwelkom aankoms van 1 miljoen BKS-entstowweDie DA verwelkom die minister van Landbou, John Steenhuisen, se bevestiging dat die eerste sending van een-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof die naweek in Suid-Afrika sal aankom. Die regering beplan om die land se hele kudde van meer as 14-miljoen beeste oor die volgende 12 maande in te ent. Sowat 28-miljoen dosisse is nodig om die uitbreking te bekamp. Beyers Smit van die DA sê die entstof sal groot verligting bring in die landbousektor:...more1minPlay
February 18, 2026Owerhede soek na 10 vermiste skieërs en maan 6 wat gestrand isTien skiërs word vermis, en nog ses is gestrand in 'n sneeustorting wat 'n helling naby Kalifornië se Lake Tahoe getref het. Die groep van 16, bestaande uit vier gidse en 12 kliënte, was gister op die laaste dag van 'n driedaagse ski-uitstappie toe die sneeustorting voorgekom het. Kaptein Russell Greene van die Nevada County Sheriff-kantoor sê die ses oorlewendes is aangesê om so goed as moontlik in die gevaarlike toestande skuiling te soek:...more1minPlay
FAQs about Nuus:How many episodes does Nuus have?The podcast currently has 59,988 episodes available.