Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Nuus:How many episodes does Nuus have?The podcast currently has 60,048 episodes available.
February 07, 2026Cosatu braak gal oor water in GautengCosatu in Gauteng het ernstige kommer uitgespreek oor die voortdurende wateronderbrekings in verskillende munisipaliteite regoor die provinsie, waar sommige inwoners byna drie weke sonder lopende water is. Cosatu-voorsitter Amos Monyela sê die voortdurende versuim om water te voorsien, beïnvloed die daaglikse lewe in die gemeenskap ernstig. Dit hou ook ernstige gesondheidsrisiko's in:...more1minPlay
February 07, 2026Namibië in Amerika se goeie boekiesNamibië se minerale rykdom, veral skaars aardmetale en olie, beteken die land is Amerika se oogappel in die streek. Uit al die lande in Afrika benede die Sahara, is Namibië die enigste een wat ‘n Amerikaanse ambassadeur huisves. Ambassadeur John Giordana het aan BBC Africa verduidelik wat Namibië so spesiaal maak:...more1minPlay
February 07, 2026SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit BotswanaDie premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te stuit. Die premier sê 700 000 dosisse van die bek-en-klouseer-entstof word teen die einde van die maand van die Botswana-Entstofinstituut verwag....more1minPlay
February 07, 2026Tabak dompel werkers in onsekerheid, sê vakbondDie vakbond Solidariteit sê 233 werkers se toekoms is onseker nadat British American Tobacco nie duidelike antwoorde aan Suid-Afrika verskaf het oor moontlike afleggings nie. Dit volg na die beplande sluiting van die maatskappy se Heidelberg-vervaardigingsaanleg in Gauteng. Die vakbond sê werkers is vasgevang tussen die regering se mislukking om die onwettige tabakhandel te bekamp en 'n ondeursigtige konsultasieproses. Dana Grové van Solidariteit vrees dat die sluitingsbesluit waarskynlik reeds in die buiteland geneem is:...more1minPlay
February 07, 2026Copps 94.1: Rowwe aand van fuif en moles in WindhoekBose geeste, huismoles, ‘n gefuif en ‘n kattegeveg het die Copps 94.1-span, in samewerking met die polisie, Vrydagaand in Windhoek laat bontstaan. Francois Lottering van Kosmos 94.2 was op sy pos en doen verslag van die toneel:...more2minPlay
February 06, 2026Namib Mills-staking duur voort, einde dalk in sigDie industriële aksie deur werkers by Namib Mills duur steeds voort. Die justisieminister, Fillemon Wise Immanuel, was instussen in gesprek met die partye. Petersen Kambinda, die leier van Naretu, gee 'n opdatering....more1minPlay
February 06, 2026Green Connection vra geregtigheid vir kleinskaalse vissersGreen Connection sê Suid-Afrika se kuslyn onderhou duisende huishoudings wat regstreeks afhanklik is van mariene-hulpbronne vir voedsel en inkomste, maar baie kleinskaalse vissers ondervind voedselonsekerheid. Die organisasie het 'n voorlegging gedoen aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se nasionale ondersoekverhoor oor Suid-Afrika se voedselstelsels. Khetha Buthelezi van Green Connection sê baie kleinskaalse vissers word steeds uitgesluit van markte en besluitnemingsprosesse oor die voedselstelsel wat hulle onderhou:...more1minPlay
February 06, 2026Krieket Namibië-president gesels WêreldbekersDie Onder-19 IKR Wêreldbeker maak vandag in Zimbabwe tussen Indië en Engeland klaar. Namibië was mede-gasheer en gaan volgende jaar ook medegasheer wees vir die Mans IKR T20 Wêreldbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren gepraat, wat tans in Bengaluru in Indië is saam met die FNB Eagles, wat opwarm-wedstryde speel. Indië A het Namibië vanmiddag met 130 lopies geklop. Van Vuuren gesels oor die wedstryd en gee 'n oorsig van die sukses met die aanbieding van die Onder-19 T20 Wêreldbeker....more1minPlay
February 06, 2026Komende Filmweek weerspieël groei in plaaslike filmbedryfDie Namibiese Filmkommissie het 656 aansoeke van reg oor Afrika gekry vir sy jaarlikse Filmweek, waarvan 119 films gekies is om vertoon te word. Die Filmweek sal van 12 tot 16 Maart in Windhoek plaasvind en die publiek word hartlik uitgenooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Nicola Muranda gepraat....more1minPlay
FAQs about Nuus:How many episodes does Nuus have?The podcast currently has 60,048 episodes available.