Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Nuwe meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

November 2022:  ’n Pelgrimstog saam met Ronell Bezuidenhout deur die Bybel
In die Joodse tradisie was pelgrims daardie mense wat (gewoonlik) ‘n jaarlikse reis na die tempel in Jerusalem onderneem het.  Later het Christene hulself ook as pelgrims beskou.  
Ons is ook op pad:  hierdie aardse woning is nie ons finale woning nie; ons leef – dag na dag – al nader na ons “finale adres.”  Soos Petrus herinner:  “Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners.” (Dit is presies wat die oorspronklike betekenis van die woord “pelgrim” is:  ‘n vreemdeling.) 
Moet dus nie jou penwortel diep laat ingroei waar jy nou is nie.  Inteendeel maak Christus jou penwortel en bou jou lewe op hom (Kol 2:17).  Op ‘n ander plek sê Paulus weer, Mag julle “in die liefde gewortel en gegrondves” wees (Ef 2:17).
Daar is verhale van etlike pelgrims in die Bybel:  dink maar aan Abraham toe God hom uit Ur roep; selfs die Israeliete se geskiedenis in die woestyn is ‘n pelgrimsreis. ‘n Pelgrims is soms ‘n gestuurde persoon, opreis na die onbekende toe.  
So het Jesus vir die dissipels in Joh.20:21, herinner:  “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook!” Dit maak Jesus die mees uitsonderlike Pelgrim:  Hy het nie vasgeklem aan sy ereposisie “in die hemel” nie, maar was bereid om te mense te kom wandel (Fil 2:6 e.v.). Sy pelgrimstog het die kruispad gevolg, maar steeds is dit nie die einde nie! 
So sê Jesus vir die dissipels: “Ek gaan om vir julle plek (in die huis van my Vader voor) te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Hand 2:2-4).  
Pelgrims reis gewoonlik deur onbekende terreine; hulle is nooit veiligheid (of gemak) gewaarborg nie; hulle is afhanklik van ander mense se goedheid; hulle reis lig (‘n baksteenhuis op jou skouers sal buitendien te swaar wees…). Langs die pad kan jy selfs medepelgrims teëkom wat selfs nader aan jou voel as bloedfamilie.  
Daar is altyd voetspore van vorige reisigers waarop jy kan loop (waarvan Jesus se voetspore die diepste ingestamp is).
Soms volg jy nie die rigtingaanduiding nie en voorlank beleef jy jouself as verdwaal. Soms wil ‘n pelgrim sy/haar stapskoene weggooi omdat die reis nutteloos voel.  Maar, laat ons nie ‘n fout maak nie; as jy al ‘n werklike pelgrimstog meëgemaak het, sal jy ook weet hoe ‘n mens se gees ligter raak (al is jou liggaam hoe moeg).  Dit is asof jou kop “oopraak”, mkaa, soms voel dit asof jy jou kaart verkeerd gelees het.  Maar elke pelgrim ken ook die ander kant, wanneer jou eie beknopte sielsbedompigheid begin asemskep in die oopte.  Jou gees ligter raak.
Ek nooi jou om hierdie November-maand ‘n pelgrimstog saam met my deur die Bybel te onderneem.  Met die jaar bekans op sy rug, het elkeen van ons al 'n ver pad gekom.  Dalk is hierdie reeks vir jou moeë pelgrimsvoete soos ‘n koel lafenis. Hopelik maak dit jou opgewonde om jou sprokkelsak op te neem en met hernude energie voort te gaan.    
https://youtu.be/5CtTnUANV8k

Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi-platforms daarna te luister. 
Jy kan dit ook daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder.  (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp-groep is). Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.

Klik en lees meer oor die reeks:   https://ronellbezuidenhout.co.za/pelgrims
Alhoewel ek afhanklik is van vrywillige donasies om hierdie bediening lewensvatbaar te hou, herinner ek mense gereeld:  dit ‘n gratis bediening wat oor kontinente heen versprei word.  Bydra

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout