Die oliemark is in die nuus maar, die mark is ook uiters sensitief. Dit is die mening van die ekonoom Dawie Klopper na ‘n Oekraïnse aanval op Rusland se Swartsee-hawe van Novorossiysk olie-uitvoere, gelykstaande aan 2,2 miljoen vate per dag, of 2 persent van die wêreldwye voorraad, tydelik opgeskort het. Oliepryse het met meer as 2 persent gestyg. Klopper sê verwagtinge is steeds dat die prys sal daal.