MTC doen 'n beroep op privaat maatskappye en openbare instellings om by die Namibië Nasionale Internskapprogram aan te sluit, wat tersiêre studente betaalde geleenthede bied om werkplekervaring op te doen. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi sê aan Kosmos 94.1 Nuus die maatskappy het vanjaar 2 miljoen Namibiese dollar aan die inisiatief toegewy en moedig meer plaaslike besighede aan om te belê in die ontwikkeling van jong talent en vaardighede.