Ons en die Onderwys

Ons en die Onderwys

Download on the App Store

Ons en die Onderwys episodes

  • Ons en die onderwys: Handboeke – hulpmiddel of voorskrif?
    1 November 2026: Estel de Beer praat met prof. Alta Vos, ‘n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Pretoria, oor handboeke se rol in die klaskamer. Die gesprek fokus op die verborge boodskappe wat handboeke oordra, en hoe onderwysers dié bronne kan kies, bevraagteken en aanpas om leer te ondersteun.
    23 min
  • Ons en die onderwys: Taalonderrig wat leef en leer
    18 Oktober 2026: Is ’n stil klas noodwendig ’n klas waarin leerders leer? Estel de Beer praat met Chanéll Homann, ‘n dosent in opvoedkundestudies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde, oor betekenisvolle deelname in die taalklas. Die gesprek fokus op praktiese onderrigidees, dissipline en onderwysers se werkslading.
    24 min
  • Ons en die onderwys: Wanneer die gesprek moeilik raak - Ouers en onderwysers
    4 Oktober 2026: Wanneer ’n gesprek tussen ’n ouer en ’n onderwyser oor ’n kind se gedrag, vordering of uitdagings gaan, kan dit maklik sensitief raak. Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van Professionele Dienste by die SAOU, oor waarom hierdie gesprekke soms skeefloop en hoe ouers en onderwysers moeilike sake op ’n konstruktiewe manier kan hanteer
    20 min
  • Ons en die onderwys: Grondslagfase-leermateriaalkatalogus
    27 September 2026: Die nuwe nasionale katalogus vir grondslagfase-leermateriaal het die afgelope maande tot ondersoeke, onsekerheid en ’n openbare meningsverskil binne die Departement van Basiese Onderwys gelei. Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor wat gebeur het, hoe die proses behoort te werk en waarom dit vir skole, ouers en leerders belangrik is.
    20 min
  • Ons en die onderwys: Wanneer opleiding en die werkswêreld hande vat
    20 September 2026: Hoe kry ’n mens opleiding nader aan die plekke waar vaardighede werklik nodig is? Johan van Lill praat met Phillip Harmse, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling by Africa Skills, oor ’n samewerkingsmodel wat opleiding, praktiese werkservaring, plaaslike ondernemings en gemeenskapsbehoeftes bymekaar bring.
    20 min
  • Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys
    13 September 2026: Estel de Beer, senior regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde by RSG, praat met Johan van Lill ter viering van sy 650ste program. Hulle kyk terug na hoe Johan by die program betrokke geraak het, hoe die onderwysgesprek oor die jare verander het, en wat hy uit honderde gesprekke met mense in die onderwyswêreld geleer het.
    21 min
  • Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld
    6 September 2026: Johan van Lill praat met prof. Dorothy Laubscher, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, en Eunice Pretorius, koördineerder van die PGCE-program en junior lektor aan die Noordwes-Universiteit, oor selfgerigte leer en waarom dit toenemend belangrik word in ’n veranderende onderwyswêreld. Hulle gesels oor wat selfgerigte leer werklik beteken, hoe die rol van die onderwyser verander en watter invloed kunsmatige intelligensie en assessering op die ontwikkeling van selfgerigte leerders kan hê. Hulle kyk ook vooruit na die Eenheid se jaarlikse internasionale konferensie.
    24 min

About Ons en die Onderwys

From the publisher's feed

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.