Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor hoekom leesvermoë die sleutel tot leer is. As jy nie kan lees nie, kan jy nie leer nie, sê hy. Om beter te verstaan, móét jy beter lees – en daarom moet elke leerder se leesvermoë doelbewus ontwikkel word.