Daar is ‘n toename in onwettige grondbesettings veral in landelike gebiede na aan stede en dorpe in beide Suid-Afrika en Namibië. Daar is beroepe in die buurland dat die regering daadwerklik aksie moet neem om behuising te voorsien om die grondbesettings te voorkom as gevolg van kommer oor toenemende wrywing en moontlike konflik. Ernst Roets, die Adjunk Hoof van AfriForum gesels meer breedvoerig met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor.