Die DA in die Wes-Kaap wil hê rolspelers in die wynbedryf moet saamwerk om die probleme rondom die oorskot wynvoorraad op te los. Die oorskot is veroorsaak deur die afgelope jaar se inperkingsregulasies. Die party sê die verbod op alkoholverkope wat twee keer ingestel is, het veroorsaak dat produsente en verspreiders tans met 'n wyn-oorskot van 640 miljoen liter sit wat 'n verlies van 7,5 miljard Namibiese doller aan inkomste verteenwoordig en terwyl 80 wynkelders en 350 produsente gedwing is om hulle deure te sluit. Bennie Howard, ‘n bekende kenner van die bedryf in die buurland gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus...