Meer as 600 Ovahimba en Ovatjimba in die Epupa-kiesafdeling in die Kunene-streek sê hulle is nie behoorlik geraadpleeg oor die beplande Baynes-hidroëlektriese dam van 840 megawatt nie. Gemeenskappe vrees dat die gesamentlike Kunenerivier-projek met Angola hul grond, lewensonderhoud en toegang tot water kan beïnvloed. Die ontwikkeling sal ‘n reuse dam, paaie en transmissielyne insluit. Hans-Christian Mahnke van die internasionale nie-regeringsorganisasie International Rivers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die gemeenskappe is geregtig op insluiting by besluite.