
Sign up to save your podcasts
Or


Die Paastyd is gewoonlik 'n wonderlike tyd waar ons kan stilstaan en weer bewus raak van wat Jesus vir my en jou kom doen het. Ons is met Sy bloed aan die kruis losgekoop om ons die geleentheid te bied om in verhouding met Hom te leef. In die reeks gaan ons kyk na die pad wat Jesus gestap het in die oploop na Sy kruisdood, asook daarna, en Sy opstanding. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor die pad na Jerusalem. Alhoewel dit nog nie Palmsondag is nie, het hierdie gedeelte van Jesus se intog in Jerusalem soveel waarde in ons lewe. Elkeen van ons leef met verwagtinge. Net soos die mense van toe 'n verwagting gehad het van watter Leier en Koning Jesus moes wees, het ek en jy ook baie maal verwagtinge oor God. Jesus het egter nie gekom om menslike verwagtinge te bevredig nie, maar wel om God se doel te verwesenlik.
By Kompas GemeenteDie Paastyd is gewoonlik 'n wonderlike tyd waar ons kan stilstaan en weer bewus raak van wat Jesus vir my en jou kom doen het. Ons is met Sy bloed aan die kruis losgekoop om ons die geleentheid te bied om in verhouding met Hom te leef. In die reeks gaan ons kyk na die pad wat Jesus gestap het in die oploop na Sy kruisdood, asook daarna, en Sy opstanding. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor die pad na Jerusalem. Alhoewel dit nog nie Palmsondag is nie, het hierdie gedeelte van Jesus se intog in Jerusalem soveel waarde in ons lewe. Elkeen van ons leef met verwagtinge. Net soos die mense van toe 'n verwagting gehad het van watter Leier en Koning Jesus moes wees, het ek en jy ook baie maal verwagtinge oor God. Jesus het egter nie gekom om menslike verwagtinge te bevredig nie, maar wel om God se doel te verwesenlik.