Die Nasionale Vergadering is in reses tot Februarie 2026. Dit is sodat parlementslede na hul verskillende kiesafdelings kan reis vir die komende streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die Nasionale Vergadering se woordvoerder.