Paneelbesprekings by die Namibië Internasionale Energiekonferensie het vanoggend na onder andere kernenergie gekyk. Die hoofwetenskaplike in die myne en energie-ministerie, Dr. Nortin Titus, het oor 'n tydlyn vir Namibië se eerste kernkragstasie gepraat.