Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne hou 'n kapasiteitsbouwerkswinkel in Swakopmund. Die komitee sal mynwese, visserye, landbou sowel as waardetoevoeging onder die loep neem. Tydens die sessie het die voorsitter van die komitee en Swapo LP, dr. Tobie Aupindi gepraat oor die ontginningsektor, waar Namibië 'n netto uitvoerder is.