Dr Frikkie Maré ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor die verhoging in die minimumloon vir plaaswerkers in Suid-Afrika. Die verhoging is in die nasionale-minimumloon van 21 Namibiese doller 69 sent per uur in die Staatskoerant gepubliseer. Dit tree op 1 Maart in werking. Maré sê dit sal ure verminder en meganisering aanhits. Maar in Namibië lyk die prentjie heeltemal anders. Die opname vir 2020 toon dat die huidige kontant loon, gemiddeld 1 754 Namibiese doller, met 69 persent toegeneem het en ver bo die minimum loon van 1 400 doller is. Saam met vleis en ander rantsoene verdien die werkers ongeveer 2 367 doller maandeliks, 10 persent meer as in die vorige opname. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging ...