Plectrum Podcast

Plectrum Podcast

By Plectrum VermaakNewsEntertainment News
Download on the App Store

Plectrum Podcast episodes

  • Plectrum Podcast EP 5 - Droomsindroom

    In hierdie episode van die Plectrum Podcast gesels FP met Droomsindroom oor hul musiek, die lewe as vermaaklikheidskunstenaars en wat hul musiek inspireer.  Ons leer ook die twee broers beter ken en dié twee verklap 'n paar geheime van mekaar so deur die loop van die gesprek.

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/droomsindroom-hey-sonneblom/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    46 min
  • Plectrum Podcast EP 4 - Cheralee

    In hierdie episode gesels FP met Afrikaanse country sangeres CheraLee.

    CheraLee se musiekloopbaan het twintig jaar terug begin toe sy in Idols deelgeneem het en dit tot by die TV-rondtes deurgemaak het. Daarna het sy haar fokus daarop geplaas om haar plek in die musiekindustrie uit te kerf as ’n onafhanklike kunstenaar.

    Ons gesels met haar oor haar inspirasies en wat haar siening oor die onafhanklike kunste in Suid-Afrika is.

    LEES MEER HIER: 

    https://www.plectrummusiek.co.za/cheralee-droomverlore/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    43 min
  • Plectrum Podcast EP 3 - Rita Li

    Die veelsydige Rita Li gesels met ons oor haar musiekskryfproses, liefde vir die plaas en wat haar hart aanraak.  Sy gesels oor haar opkomende projekte asook haar YouTube-reeks: Vuurwerke.

    Sy vertel meer oor wat haar nuwe enkelsnit, LUGBALLON, vir haar beteken en raak aan die tema van haar nuwe enkelsnit waaraan sy tans werk.

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/rita-li-lugballon/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    39 min
  • Plectrum Podcast EP 2 - Christopher Branders

    SONNEBLOM, ’n liedjie wat Christopher Branders in 2020 op sosiale media gedeel het as Nes Jy Is, het in 2021 amptelik ’n nuwe baadjie aangetrek toe dit in Jattie de Beer van Artistry Productions se ateljee opgeneem is onder ’n nuwe naam.

    “SONNEBLOM is geskep om jou te laat besef dat jy werklik goed genoeg is, ongeag van wat die wêreld mag dink. Dat jy so kosbaar is dat die berge en oseaan nog altyd wou weet wat jou naam is,” verklap hy oor dié aangrypende akoestiese-pop-lied uit sy eie pen.  “Dit het my nog altyd hartseer gemaak om te sien hoe mense afgekraak en uitgeskuif word. Ek het die liedjie geskryf om uiting te gee aan die boodskap wat op my hart gedruk het en omdat ek graag wil deel vorm van ’n kultuur wat ander opbou en bemoedig.”

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/christopher-branders-sonneblom

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    34 min
  • Plectrum Podcast EP 1 - Fransien Scott

    In hierdie episode gesels FP Engelbrecht met Fransien Scott om meer uit te vind oor haar musiek, lewe oorsee en haar vrouebediening. 

    Sy vertel ons meer van haar inspirasie, haar skryfproses en wat haar aan die gang kry in die oggende.


    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

     

    45 min
  • Plectrum Podsending Ep2 - Elme Churr

    Elme Churr het onlangs haar nuwe enkelsnit KOS VIR JOU SIEL vrygestel wat ook die titelsnit van haar album is.  Sy het met ons gesels oor wat die lied vir haar beteken na sy en haar man 7 jaar lank gewag het om swanger te word.  Nou verwag hul, hul eersteling.

    Besoek gerus Elme Churr se Facebookblad en volg haar opwindende loopbaan.

    Volg ons op sosiale media:

    Facebook, Instagram

    www.plectrummusiek.co.za

    18 min
  • Plectrum Podsending Ep1 - André Hurter

    André Hurter is ʼn musiekvervaardiger wat homself al 14-jaar in die beroep bevind.  Tans is hy werkagtig by Montana Studios in Pretoria waar hy al saam met verskeie kunstenaars gewerk het.

    Die lys van name sluit in Ivan Roux, David Fourie, Min Shaw en Mack Rapapali.  Sy musiek is al op verskeie radiostasies gespeel regoor die land.

    André se vervaardiging en opname werk strek wyd – vanaf kore en klassieke sangers tot hedendaagse popmusiek.

    In hierdie eerste podsending van Plectrum gesels Zander de Beer met hom om meer te leer van die musiekvervaardigingsproses.  Ons hoor wat hy dink van die huidige Afrikaanse musiekklank en gesels ook hier en daar oor ʼn paar tegniese punte – soos “mixing” en “mastering” en die dinge wat hy dink belangrik is vir `n radiovriendelike lied.

    Kontak gerus vir André by:

    084 583 9258

    Volg ons op sosiale media:

    Facebook, Instagram

    www.plectrummusiek.co.za

    9 min

About Plectrum Podcast

From the publisher's feed

Die Plectrum Podcast fokus op onafhanklike vermaak- en musieknuus. FP Engelbrecht gesels met talle kunstenaars en vermaaklikheidskenners oor hul loopbane en talle projekte. Plectrum - Ons sit jou ore…