Die pluimvee industrie in Namibië is steeds onderontwikkel en daar is volgens kenners groot ruimte vir groei. Terwyl daar uitdagings is, is daar ook verskeie meganismes om opkomende boere te ondersteun. Pluimvee is ook ‘n uitstekende opsie vir bestaansboere om ‘n inkomste te verdien. Ons gesels met Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad wat reeds navorsing in die industrie gedoen het... En Markus du Plessis, ‘n Pluimvee Spesialis by Voermeester gesels oor die ‘Day-old Chicks-program wat hulle bied. Hoe werk die program?