Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Preke – Gereformeerde Kerk Centurion:How many episodes does Preke – Gereformeerde Kerk Centurion have?The podcast currently has 141 episodes available.
June 17, 2025Jesus is Here oor die natuur, vertrou Hom, Hy sorgSkriflesing: Johannes 6:1-15 (2020)Teksvers: Johannes 6:5 en 6In ons lewe mag daar dinge gebeur, mag ons in omstandighede verkeer, waar ons onseker is oor wat vir ons in die toekoms wag. In hierdie gebeure openbaar Jesus dat Hy ons Here is wat altyd vir ons sal sorg. Die Heilige Gees verseker ons dat ons Hom kan vertrou. Die Here sal sorg. Hy is met ons besig as ons bekommerd raak of onseker is. Glo en vertrou jy werklik dat die Here Jesus Christus by magte is om vir jou te voorsien en te versorg na liggaam en na gees? Mag dit wees dat jy by hernuwing jou lewe oorlaat in volle vertroue in die getroue Here Jesus Christus wat jou sal versorg en sal voorsien in alles wat jy nodig mag hê. ...more16minPlay
June 09, 2025Innerlike groeikragSkriflesing: Efesiërs 3:16-19 (1983)Teksvers: Efes 3:15In die kerklike Feesjaar val Pinkster op die Sondag tien dae nà die Hemelvaart. In die gees van die genadegawe van Pinkster bid Paul hierdie gebed. Jy kan al die wette en letters ken en onthou en stiptelik volg, jy kan al die tradisies ken en slaafs uitvoer, maar sonder die innerlike vernuwing van die Heilige Gees bly dit net oppervlakkige, waardelose en kragtelose godsdiens. Kom ons bid hierdie gebed vir onsself en ons gemeente. ...more23minPlay
June 09, 2025Herstel tot gemeente van die Heilige GeesSkriflesing: Handelinge 2:1-47; Efesiërs 3:16-19 (1983)Teksvers: Hand 2:41-47Vandag vier ons die Pinksterfees op die kerklike kalender. Ons gedenk met groot dankbaarheid die vervulling van die belofte van die beloofde Trooster (Hand 2). Kyk ons na die hoofstuk van die uitstorting van die Gees dan sien ons hoe daardie eerste gemeente gelyk en gewerk het. Mag ons nog sulke tekens van die ware Kerk van Christus vertoon! ...more29minPlay
June 02, 2025Vyftig jaar – ‘n Spikkel van die ewigheidSkriflesing: 2 Kronieke 35; Johannes 8 (1983) Teksvers: Joh 8:57,58 Die Hollanders het ‘n spreekwoord wat lui dat wanneer jy 50 jaar oud word “het jy Abraham gesien“. Ons kyk vandag terug op vyftig jaar van genade uit die hand van die ewige God en Vader van ons Here Jesus Christus. Soli Deo Gloria!! ...more18minPlay
May 26, 2025‘n Geknakte Riet en Dowwe LamppitSkriflesing: Jesaja 42:1-13 (2020)Teksvers: Jesaja 42:3Die koms van die koninkryk is deur die Dienskneg van God. Hy kom nie met geweld en groot geraas nie, maar stil en nederig. Tog is die Dienskneg wat kom, wat die herstel van God se koninkryk bewerk, nie swak nie, al is Hy nederig. Hy is bekwaam, die Een op die Wie die Gees van God rus, maar ook een wat saggies met sterk hande sy kosbare en gebroke skepping herstel. ‘n Geknakte riet, sal Hy nie breek nie, ‘n dowwe lamppit sal Hy nie uitdoof nie. ...more24minPlay
May 26, 2025‘n Herstelde verhouding met JesusSkriflesing: Matteus 11 (2020)Teksvers: Matteus 11:28Terwyl ons nou die langverwagte Feesnaweek nader en ook ons voorberei om saam die heilige Nagmaal te vier, is dit nodig om na te dink oor ons verhouding met ons Verlosser. Een van die moontlike slaggate in ons gereformeerdes se geloofmondering is dat ons baie (dalk té) rasioneel oor die Bybel en oor ons Here kan dink. Miskien moet ons net weer vra waar ons harte in hierdie verhouding inkom. Miskien gaan dit juis oor hoe ons oor Jesus Christus dink. ...more19minPlay
May 19, 2025Sinlose Sirkel of Sinvolle Lyn?Skriflesing: Prediker 3; Galasiers 4:1-7 (2020)Teksvers: Prediker 3:1,2,11Die Prediker redeneer vanuit die ongeloofs-perspektief as hy sug dat alles sinneloos en tevergeefs is. So redeneer hy ook in hoofstuk 3 dat die lewe net ‘n wisselspel tussen kom en gaan en ‘n eentonige herhaling van homself is. Hy het selfs plesier en lag ondersoek as oplossing vir die dolle gejaag na nêrens (Pred 2).Omdat hy eintlik ‘n gelowige is kan hy egter nie anders nie as om reeds vroeg in sy skrywe te laat uitglip dat daar eintlik sin is in hierdie sikliese, byna sinlose herhaling van die lewe....more27minPlay
May 19, 2025Wonderbaar in ons oëSkriflesing: Matteus 21:33-46 (2020)Teksvers: Matteus 21:42-44‘n Gelykenis is meer as net ‘n mooi, opgemaakte storie. Dit is ‘n beeld wat gebruik word om ‘n dieper betekenis van die lewe te verduidelik. Gelykenis beteken soortgelyk, of dieselfde. Dit is nie soos Simson se raaisel nie, maar eerder ‘n beskrywing wat iets meer duidelik stel.Tog is daar iets van ‘n geheimenis wat daarin versluier is. Jesus het veral gelykenisse gebruik om verskillende aspekte van sy koms te verduidelik sodat gelowiges kan verstaan wat Hy bedoel.Ons staan vanoggend stil by die gelykenis van die landbouers en die verduideliking uit Psalm 118 as die vervulling van die Skrifte....more32minPlay
May 14, 2025Ware Vreugde Kom Uit die Handvan GodSkriflesing: Prediker 2:1-26 (2020)Teksvers: Prediker 2:1-2Die Prediker is nie die enigste persoon wat vreugde probeer vind in die lewe nie. Dit is die ambisie en strewe van elke mens op aarde. Wat die Prediker wel gedoen het, is om sy ondersoeke en bevindings vir ons op te skryf. En wat is sy bevinding: Alles kom tot niks.Dit klink so negatief en sonder hoop. Waarom sal jy tog probeer om gelukkig te wees en vreugde in die lewe te vind as alles in elk geval geen betekenis het nie. Kom ons ondersoek saam met die Prediker of sy bevinding die waarheid is....more25minPlay
May 14, 2025‘n Herstelde gebedsleweSkriflesing: Handelinge 12 (2020) Psalm 130Teksvers: Hand 12:12In die diepste donker ure van ons aardse lewe en stryd is onsnooit en nimmer alleen nie. Die Here sien sy kinders en dieHere hoor. Hy hoor altyd.Dit is dus van uiterste belang dat ons elkeen ‘n dieppersoonlike, maar ook gemeenskaplike gebedsverhoudingmet die Here aanleer en inoefen.Hy is nie vér van enigeen van ons af nie....more21minPlay
FAQs about Preke – Gereformeerde Kerk Centurion:How many episodes does Preke – Gereformeerde Kerk Centurion have?The podcast currently has 141 episodes available.