Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Preke – Gereformeerde Kerk Centurion:How many episodes does Preke – Gereformeerde Kerk Centurion have?The podcast currently has 139 episodes available.
June 29, 2026Oorwinning oor die DoodSkriflesing: 2 Korintiërs 4:7-5:10 (1983)Teksvers: 2 Kor 5:10HK: Sondag 17Ons is steeds besig met ons belydenis oor die 12 Artikels. Verlede week het ons besef dat Jesus se hele lewenspad een van helse neerdaling in angs en pyn was, met die Godverlatenheid aan die kruis as dieptepunt. In die graf vind ons egter die draaipunt… en dan begin sy pad van opgaan/verheerliking. Hy het die dood en daarmee die nutteloosheid van hierdie verganklike bestaan oorwin. Hy gee hoop en uitsig en oorwin ons moedeloosheid. Hy gee ons sekerheid van lewe na die dood. ...more31minPlay
June 29, 2026Die dood behoort aan die Here!Skriflesing: 1 Samuel 2 (1983)Teksvers: 1Sam 2:6 (Deut 32:39)Die dood loop saam met ons soos ons skaduwee. Gelukkig hoef ons nie heeltyd daaroor te dink en morbied te raak nie. Oor ons sterwe as gelowiges kan op baie maniere praat wat nie so neerdrukkend is nie. Vrae oor die dood, die mag daaroor, die redes daarvoor en die regverdiging daarvan, soos in tye van oorlog en lyding, kom nogal gereeld na vore. Wat van selfmoord, aborsie, genadedood en sulke etiese kwessies….? Kom ons besef weer wat geld as beginsels vir gelowiges oor die saak van lewe en dood. Dan eer ons Hom wat in die hemel daaroor regeer en gee ons onsself én ons geliefdes oor aan Hom wat die God is van die lewendes en die dooies, vir ewig....more34minPlay
June 22, 2026Christus het neergedaal na die helSkriflesing: Efesiërs 4:6-10; Filippense 2:5-10; Jesaja 53:6,10; Markus 15:34; Lukas 23:42-43,46; Johannes 19:30 (2020)HK: Sondag 16Die apostoliese geloofsbelydenis se bewoording volg nie in ‘n chronologiese volgorde as dit gaan oor die lyding van ons Here Jesus nie, maar eerder ‘n verdieping in die lyding. Met ander woorde: Jesus se menswording, sy geboorte uit Maria, sy lyding en dood word nie gevolg dat Hy “neergedaal het na die hel” asof Hy hel toe is na sy dood nie. Daarom ook dat ons die bewoording verander het na: Hy het die lyding van die hel ondergaan. Maar wat beteken dit? ...more21minPlay
June 22, 2026God se Getuienis is GroterSkriflesing: 1 Johannes 5:1-21 (2020)Teksvers: 1 Johannes 5: 9-10Ons het in die vorige deel uit vers 4 die wonderlike vertroosting van ons geloof gehoor, waardeur ons deel kry aan die genade van ons Here Jesus en die oorwinning in Hom. Hierdie oorwinning is alleen deur die geloof in Jesus Christus. Hy is die Seun van God wat red. Dit is die getuienis van die Woord van God, die blye evangelie wat opgeskryf is deur mense. Nie net die 4 evangeliste nie, ook die 12 apostels getuig van Jesus as die Christus. En tog, die getuienis van God is groter! Maar wat sal dit beteken?...more26minPlay
June 15, 2026Die enigste uitweg, God se oordeel word voltrekSkriflesing: Matteus 27:11-56 (1953)Teksvers: Matteus 27:46HK: Sondag 15Ons HERE Jesus, is die Christus. Hy is die Gesalfde van God. Hy is vol van genade en waarheid. Die afdruksel van die wese van God. Hy is alle lof waardig. Maar tog as ons na Hom kyk sien ons een wat onder die hand van mense en God ly. Sondag 15 beskryf hierdie lyding as die toorn van God wat Christus as regverdige oordeel, in ons plek moes dra. Hy dra dit, vasgenael aan die vervloekte boom. Daar word God se oordeel voltrek en roep Hy uit: “My God, my God waarom het u my verlaat?”. Dit is die enigste uitweg uit die ewige verdoemenis. Glo jy dit?...more26minPlay
June 15, 2026Heilige Priesters vir GodSkriflesing: 1 Petrus 1:13-2:10 (2020)Teksvers: 1 Petrus 1:15,16Die einddoel van ons geloof is die ewige lewe by God… Dit is met die oog op hierdie saligheid, die ewige lewe waarna die profete gesoek en nagevors het, en tog het hulle Hom nooit hier op aarde te sien gekry nie. Maar hulle het vooruit na Hom gewys dat Hy sal kom, en het Hy gekom. Hy is geopenbaar in heerlikheid en het aan hulle bekend geword deur die evangelie wat verkondig is, en deur die Heilige Gees wat uit die hemel uitgestort is. Maar nou is dit so: Om deur die verkondiging van die Woord van God en die werking van die Heilige Gees deel te kry aan hierdie heerlike evangelie, en in die geloof tot die oortuiging te kom, bring sekere implikasies mee… En dit is oor hierdie implikasie waarby ons vanoggend wil stilstaan met die tema: Wees heilig want God is heilig… Ons gaan vervolgens by die volgende twee hoofsake stilstaan: 1. Die roeping om Kind van God te wees. 2. Die opdrag om as heilige gemeente opgebou te word. ...more26minPlay
June 08, 2026Geseënde KersfeesSkriflesing: Johannes 1 (1983)Teksvers: Johannes 1:14HK: Sondag 13,14Ons is dikwels vinnig om ander se sonde raak te sien. Esegiël 8 herinner ons dat God eers die geheime kamers van ons eie harte ondersoek. Die tragiese werklikheid is dat dieselfde sonde wat Esegiël ontbloot het, eeue later weer deur Jesus in die Tempel uitgewys word: wanneer eie belange, veiligheid en voortbestaan belangriker word as God se wil.Daarom moet ons, voordat ons ander oordeel, vra: Watter afgode koester ek nog in my hart? Ware bekering begin wanneer ons toelaat dat God die donker plekke in ons eie lewe openbaar....more18minPlay
June 08, 2026Wanneer God Sy Tempel verlaatSkriflesing: Esegiël 8 (1983)Teksvers: Esegiël 11: 22-25Ons is dikwels vinnig om ander se sonde raak te sien. Esegiël 8 herinner ons dat God eers die geheime kamers van ons eie harte ondersoek. Die tragiese werklikheid is dat dieselfde sonde wat Esegiël ontbloot het, eeue later weer deur Jesus in die Tempel uitgewys word: wanneer eie belange, veiligheid en voortbestaan belangriker word as God se wil. Daarom moet ons, voordat ons ander oordeel, vra: Watter afgode koester ek nog in my hart? Ware bekering begin wanneer ons toelaat dat God die donker plekke in ons eie lewe openbaar. ...more25minPlay
June 01, 2026Waarom Word Jy ‘n Christen Genoem?Skriflesing: Eksodus 19:1-6; Op 1:4-8 (2020)Teksvers: Eksodus 19:6; Op 1:5-6HK: Sondag 12Ons belydenis handel oor die Naam sowel as oor die amptelike titel van ons Here Jesus in Sondag 12. Ons weet Jesus beteken Verlosser, omdat Jesus ons van ons sondes verlos, maar Christus is ‘n beskrywing van die amp wat Hy beklee. Met ander woorde, watter gesag dra Jesus om wel hierdie taak te mag verrig? In die Ou Testament leer ken ons die drie ampte van profeet, priester en koning, waarby ons Here Jesus as die Christus, die Gesalfde Messias al drie hierdie ampte beklee. Die vraag is egter waarom jy ‘n Christen genoem word? Wat is jou rede? ...more23minPlay
June 01, 2026MARANATA!Skriflesing: Op 1:7,8; 22:6-21; 1 Kor 16:21,22; Gal 1:8,9; Rom 9:3 (1983)Teksvers: 1 Kor 16:22 (Op 22:20)In ‘n geskrif uit die eerste eeu n.C. Die Didaché, staan die volgende by hierdie 2e laaste Bybelvers (Op 22:20) geskrywe: “Laat die genade kom en laat hierdie wêreld verbygaan! Amen. Hosanna vir die Seun van Dawid! As iemand heilig is, laat hy kom! En as iemand onheilig is, laat hy hom bekeer! Maranata! (I Kor 16:22) Amen” Hierdie woorde was bedoel as die afsluiting van die gereelde Nagmaalsdiens. Laat ons wat saam vashou aan die beloftes van die Woord wat in die Nagmaal afgeteken word, dan ook hierdie bede bid. ...more23minPlay
FAQs about Preke – Gereformeerde Kerk Centurion:How many episodes does Preke – Gereformeerde Kerk Centurion have?The podcast currently has 139 episodes available.