Jesus het vir mense geestelike beginsels in PRENTJIES en gelykenisse geleer. Die twee sakramente, die nagmaal en die doop, is prentjies van wat Jesus vir ons kom doen het aan die kruis en met die opstanding. Die prentjie van Jesus se vinger om my lippe het my laat besef soms is dit tyd om stil te wees en te weet dat Hy God is.