Veeprodusente mag dalk herbesin of bestaande produksiestelsels op hulle plase nog die beste opsies vir hulle doeleindes is. Speenkalfproduksie word tradisioneel deur baie beesboere beoefen. Voerkrale, wat sowat 70 tot 75% van ons land se beesvleis afrond, ondersteun hierdie stelsel. Die graderingstelsel pas ook goed by voerkraalafronding in, waar A-graadkarkasse die hoogste pryse behaal. Die Suid Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr WA Lombard gesels oor produksiestelsels met Kosmos 94.1 Landbounuus.