Boere, veral in die verre noorde, meen dat daar meer gereeld byeenkomste gehou moet word sodat lede van die gemeenskap bymekaar kan kom en idees uitruil. Volgens sommige kommunale boere is sulke dae ook belangrik om inligting te bekom oor nuwe innoverings en tegnologie. Dr Kobus Laubscher, ‘n Landbou Ekonoom wat in Suid-Afrika praktiseer maar van Namibië afkomstig is, gesels met ons meer breedvoerig hieroor...