Queer in Afrikaans

Queer in Afrikaans

Download on the App Store

Queer in Afrikaans episodes

  • Tollie Parton gesels oor Patricia Lewis, dronk tannies en liefde
    Tollie Parton verklap hoe dronk tannies by troues haar geinspireer het om vreesloos en sigbaar te wees. Hulle gesels oor die krag van ouers se aanvaarding en hoe Tollie liefde en humor as 'n wapen teen haat gebruik. Sy vertel van die unieke ervaring van straight mans wat drag doen op die ‘Tollie & Manilla Show’ en hoe dit 'n skreeusnaakse manier is om vooroordele af te breek.
    30 min
  • Armand Joubert oor Patricia Lewis, Pride en Internet-trolle
    In hierdie week se episode van Queer in Afrikaans gesels Regina Blaque met Armand Joubert oor trauma, selfaanvaarding en die invloed van Afrikaanse popikoon Patricia Lewis. Hy deel hoe hy, ondanks homofobie en trauma, sy queer-identiteit en musiek met trots uitleef.

    Meer oor Armand Joubert:
    Armand Joubert is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TikTok-sensasie wat bekend is vir sy unieke styl en sy deelname aan The Voice SA. Hy gebruik sy musiek en platform om selfaanvaarding te vier.
    36 min
  • Queer in Afrikaans skop 2 October 2025 af
    Opwindinging heers vir Queer in Afrikaans wat 2 Oktober op Jacpod afskop. In hierdie nuwe potgooi nooi gewilde drag queen Regina Blaque jou na eerlike gesprekke met al jou gunstelling Afrikaanse sterre. Skakel in en sien hierdie keer díe bekendes in ’n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik.
    1 min

About Queer in Afrikaans

From the publisher's feed

Queer in Afrikaans is ’n kleurvolle nuwe potgooi wat jou nooi na eerlike gesprekke met Afrikaanse sterre wat jy reeds ken en liefhet. Met die gewilde drag queen Regina Blaque aan die stuur, sien jy hierdie keer die bekendes in ’n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik. Dit is trots Suid-Afrikaans en meer as net nog ’n potgooi: dit is ’n viering van gemeenskap.