Radio Pulpit

Radio Pulpit

By Radio Pulpit
Download on the App Store

Radio Pulpit episodes

  • Woord vir Vandag - 8 Sep 2026
    “Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee… verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.” Matteus 10:42 NLV
    Een lewe op ‘n slag
    Les Goldberg se vriende het gedink hy was mal toe hy ‘n huis koop om aan haweloses te verhuur. As ‘n afgetrede ingenieur het Les gevoel dat dit die enigste besluit is wat hy kon neem. Hy het elke dag minstens een uur saam met sy hawelose vriende bestee en gehelp om verskeie eiendomme namens hulle op te knap. Goldberg het nooit die haweloses as onverantwoordelik of onbetroubaar beskou nie; hy het hulle slegs as mense gesien. Mense wat seer het! Hy het beplan dat die huis wat hy gekoop het, as beide ‘n tydelike skuiling en ‘n inloopsentrum gebruik kon word – ‘n plek waar haweloses hulle pos kon ontvang, telefoonoproepe kon maak, werksaanbiedinge kon opvolg en donasies kon ontvang. Vier hawelose mans het in die huis gewoon en minimale huur betaal om uitgawes te dek. Huisreëls was streng: geen alkohol, geen dwelms, geen rondlê nie. Goldberg was nooit ryk nie. Vir twintig jaar het hy sy eie besigheid bedryf en ongeveer $25 000 per jaar verdien deur brandsproeiers te ontwerp en te installeer. Hy was eenvoudig ‘n man wat ‘n onvervulde behoefte gesien het en ‘n manier gevind het om dit te help vervul. Moeder Teresa het gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’ Jesus het dit so gestel: ‘Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ‘n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.’ Terwyl jy deur hierdie dag gaan, hou jou hart oop en vra God om jou ‘n oplossing vir iemand anders se probleem te gee. Wanneer jy dit doen, sal jy jou beloning vir seker nie misloop nie.
    3 min
  • Word for Today - 7 Sep 2026
    “‘For I know the plans I have for you,’ declares the Lord, ‘plans to prosper you…plans to give you hope and a future.’” Jeremiah 29:11 NIV
    Pursue God’s purpose for your life
    Nothing is more gratifying than knowing one’s purpose—even when opposition seems unbearable and other distractions threaten to overshadow it. Often when people say they don’t have a passion for anything, they mean they don’t have faith to believe they could actually do what they really desire in their hearts. Jesus refused to let anyone pull Him away from His purpose. “Someone in the crowd said to him, ‘Teacher, tell my brother to divide the inheritance with me.’ Jesus replied, ‘Man, who appointed me a judge or an arbiter between you?’” (Luke 12:13-14 NIV). In essence, Jesus was saying, “I’m not about to get distracted by conducting an arbitration hearing between you two. That’s not part of My purpose for being here on earth.” Even up to the day that Jesus gave His life on the cross, there were many sick people needing healing and a myriad of other impossible situations that needed His attention. He knew that through the power of His death and resurrection, all could be addressed. So, despite unresolved problems, He confidently gave His heavenly Father this report on His ministry: “I brought glory to you here on earth by completing the work you gave me to do” (John 17:4 NLT). Jesus refused to let His disciples, Satan, well-meaning family members, needy people, or anyone else distract Him from His purpose. And you must learn to do that too. This raises the question: Can you state your God-given purpose in a single sentence? Are you pursuing it?
    2 min
  • Woord vir Vandag - 7 Sep 2026
    “’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV
    Streef God se doel vir jou lewe na
    Niks is meer bevredigend as om jou lewensdoel te ken nie - selfs wanneer teenstand ondraaglik lyk en ander afleidings dreig om dit te oorskadu. Dikwels wanneer mense sê dat hulle nie ‘n passie vir enigiets het nie, bedoel hulle eintlik dat hulle nie die geloof het om te glo dat hulle dit kan doen wat hulle werklik in hul harte begeer nie. Jesus het geweier om toe te laat dat enigiemand sy aandag van sy doel aflei. ‘Toe het iemand uit die skare geroep: ‘Leermeester, sê asseblief vir my broer om ons pa se boedel met my te deel.’ Jesus het geantwoord: ‘Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?’’ (Lukas 12:13-14 NLV). In wese het Jesus gesê: ‘My aandag gaan nie afgelei word deur ‘n arbitrasieverhoor tussen julle twee te hou nie. Dit is nie deel van my doel hier op aarde nie.’ Selfs op die dag wat Jesus sy lewe aan die kruis gegee het, was daar baie siek mense wat genesing nodig gehad het en ‘n magdom ander onmoontlike situasies wat sy aandag vereis het. Hy het egter geweet dat alles deur die krag van sy dood en opstanding aangespreek sou word. Dus, ten spyte van onopgeloste probleme, het Hy vol vertroue aan sy hemelse Vader hierdie verslag oor sy bediening gegee: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Jesus het geweier om toe te laat dat sy dissipels, Satan, welmenende familielede, behoeftige mense of enigiemand anders Hom van sy doel weerhou het. Jy moet ook leer om dit te doen. Dit laat die vraag ontstaan: Kan jy jou Godgegewe doel in ‘n enkele sin stel? Streef jy dit na?
    3 min
  • Word for Today - 6 Sep 2026
    “Whoever sows generously will also reap generously.” 2 Corinthians 9:6 NIV
    The harvest law
    The Bible clearly teaches that those who give generously to God’s kingdom purposes will receive something back in return for participating. Furthermore, there’s a correlation between how much you give and how much you get back. “Whoever sows generously will also reap generously.” This is good news for reluctant givers. When you give away something valuable, it can feel like a loss. You had something; now you don’t. And that can be a tremendous disincentive to give more. But Paul put this concept in a completely different light. He said that giving to God’s work is not giving something away. It’s an investment, not a loss. The farmer who sows doesn’t lose seed; he gains a crop. No rational farmer would say, “I’m afraid to sow my seed because then I won’t have the seed anymore. What will happen if I need this seed?” Any farmer knows that if he wants a crop, he must sow his seed. This is powerful news for anyone who’s afraid to give because of financial insecurity. It suggests that the wisest move we could make financially is to begin sowing our financial seed. When we do, God gets involved in our finances. And that’s the most financially secure place we could be. Why? Because when we give, it enables God to return to us more than we’ve given, to entrust more to us in this life. This in turn enables us to give more. “You will be enriched in every way so that you can be generous on every occasion” (v. 11 NIV). That means if you give like you’re supposed to, God will give you more.
    2 min
  • Woord vir Vandag - 6 Sep 2026
    “…wie ruimhartig saai, sal volop oes.” 2 Korintiërs 9:6 NLV
    Saai en oes
    Die Bybel leer ons duidelik dat diegene wat vrygewig vir God se koninkryksdoeleindes gee, iets terug in ruil vir hul deelname sal ontvang. Verder is daar ‘n korrelasie tussen hoeveel jy gee en hoeveel jy terugkry. ‘…wie ruimhartig saai, sal volop oes.’ Dit is goeie nuus vir mense wat huiwerig is om te gee. Wanneer jy iets waardevols weggee, kan dit soos ‘n verlies voel. Paulus het egter hierdie konsep in ‘n heeltemal ander lig gestel. Hy het gesê dat wanneer jy vir God se werk gee, jy dit nie weggee nie. Dit is ‘n belegging, nie ‘n verlies nie. Die boer wat saai, verloor nie saad nie; hy kry ‘n oes terug. Geen rasionele boer sou sê: ‘Ek is bang om my saad te saai, want dan sal ek nie meer die saad hê nie. Wat sal gebeur as ek hierdie saad nodig kry?’ nie. Enige boer weet dat as hy ‘n oes wil hê, hy saad moet saai. Dit is kragtige inligting vir enigiemand wat as gevolg van finansiële onsekerheid bang is om te gee. Dit dui daarop dat die wysste stap wat ons finansieel kan neem, is om ons finansiële saad te begin saai. Wanneer ons dit doen, raak God by ons finansies betrokke. Dit is die veiligste plek waar ons finansieel kan wees. Hoekom? Want wanneer ons gee, stel dit God in staat om meer aan ons terug te gee, om meer aan ons in hierdie lewe toe te vertrou. Dit stel ons weer in staat om meer te gee. ‘In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (vers 11 NLV). Dit beteken as jy gee soos jy veronderstel is om te gee, sal God jou meer gee.
    2 min
  • Word for Today - 5 Sep 2026
    “The wisdom from above is first of all pure.” James 3:17 NLT
    Pray for “The wisdom from above”
    The Bible says that the wisdom that comes from this world is “earthly, sensual, demonic,” because it comes from “envy and self-seeking” and “confusion and every evil thing” (vv. 15-16 NKJV). The wisdom you need comes from a different source: “The wisdom from above is first of all pure. It is also peace loving, gentle at all times, and willing to yield to others. It is full of mercy and the fruit of good deeds. It shows no favouritism and is always sincere” (v. 17 NLT). People today have access to more knowledge than at any time in history. Yet wisdom seems practically non-existent. Paul’s words to the Corinthian church could well be addressed to us: “Is there not a wise man among you?” (see 1 Corinthians 6:5 NKJV). There’s a stark difference between knowledge and wisdom. Knowledge is the accumulation of facts and information. Anyone can accumulate facts. Our problem is our lack of wisdom; we aren’t able to take the facts we’ve learned and put them into practice in real-life situations and at points of need. If we’re to put our faith into action, we’ll need “the wisdom from above.” As couples, we need it to build strong marriages (see 1 Peter 3:7). As parents, we need it for leading our children in the way they should go (see Proverbs 22:6). As Christian businesspeople, we need it to succeed in the marketplace (see Isaiah 48:17). If you’re wise, you’ll pray: “Lord, I invite You to work with me, to work in me, to work through me, and to work for me.” That’s a prayer He will answer.
    2 min
  • Woord vir Vandag - 5 Sep 2026
    “Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer…” Jakobus 3:17 NLV
    Bid vir ‘die wysheid wat van Bo kom’
    Die Bybel sê dat die wysheid wat uit hierdie wêreld kom, ‘…aards… sondig… demonies…’ is, want dit kom uit ‘…jaloesie en selfsugtige ambisie…’ en ‘…allerhande gemene dade…’ (verse 15-16 NLV). Die wysheid wat jy nodig het, kom vanuit ‘n ander bron: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys en het goeie gevolge’ (vers 17 NLV). Mense het deesdae toegang tot meer kennis as ooit tevore. Tog lyk dit of wysheid amper glad nie bestaan nie. Paulus se woorde aan die Korintiese kerk kan heel moontlik ook aan ons gerig word: ‘…Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik…nie?’ (1 Korintiërs 6:5 NLV). Daar is ‘n groot verskil tussen kennis en wysheid. Kennis is die opgaar van feite en inligting. Enigeen kan feite opgaar. Ons probleem is ons gebrek aan wysheid; ons is nie in staat om die feite wat ons geleer het, in die praktyk en in werklike situasies toe te pas nie. As ons ons geloof in aksie wil omsit, sal ons ‘die wysheid wat van Bo kom’ nodig hê. As paartjies het ons dit nodig om sterk huwelike te bou (sien 1 Petrus 3:7). As ouers het ons dit nodig om ons kinders op die pad wat hulle moet loop, te lei (sien Spreuke 22:6). As Christen-sakemanne het ons dit nodig om in die werksplek te slaag (sien Jesaja 48:17). As jy wys is, sal jy bid: ‘Here, ek nooi U uit om saam met my te werk, in my te werk, deur my te werk en vir my te werk.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal verhoor.
    3 min
  • Up Close & Personal with Londiwe Nxumalo, Recording Artist
    We are getting Up Close & Personal with recording artist Londiwe Sphe Nxumalo in the studio, accompanied by Nontobeko Hlahla, Paulina Masiane, and Sibongile Mathebula. Londiwe, a married mother from Johannesburg, takes us through her singing career journey, from her beginnings with Joyous Celebration to the challenges and victories that have shaped her walk as an artist. She also shares exciting details about her upcoming projects, including her live recording "Sizovumelana" on 4 September 2026 at Christ Ambassadors Gospel Church in Vosloorus, and the Durban Worship Encounter set for 20 March 2027 at the Durban Playhouse. A soul-stirring conversation on faith, music, and stepping into a new chapter of ministry.

    #UpCloseAndPersonal #LondiweSpheNxumalo #Sizovumelana #DurbanWorshipEncounter #JoyousCelebration #WorshipMusic #RadioPulpit #BiblicalTruth Jula Ezwini
    47 min
  • Word for Today - 4 Sep 2026
    “Do good and…share with others.” Hebrews 13:16 NIV
    Give to meet the needs of others
    In the following Scriptures, the Bible teaches that God requires us to meet the needs of the less fortunate: “If anyone is poor among your fellow Israelites…give generously to them and do so without a grudging heart; then because of this the Lord your God will bless you in all your work and in everything you put your hand to” (Deuteronomy 15:7, 10 NIV). “Blessed are those who have regard for the weak; the Lord delivers them in times of trouble. The Lord protects and preserves them—they are…blessed in the land—he does not give them over to the desire of their foes. The Lord sustains them on their sickbed and restores them from their bed of illness” (Psalm 41:1-3 NIV). “One person gives freely, yet gains even more; another withholds unduly, but comes to poverty. A generous person will prosper; whoever refreshes others will be refreshed” (Proverbs 11:24-25 NIV). “All the believers were together and had everything in common. They sold property and possessions to give to anyone who had need” (Acts 2:44-45 NIV). “Since you excel in everything…see that you also excel in this grace of giving” (2 Corinthians 8:7 NIV). “Do not forget to do good and to share with others, for with such sacrifices God is pleased” (Hebrews 13:16 NIV). “If anyone has material possessions and sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?…Let us not love with words or speech but with actions and in truth” (1John 3:17-18 NIV). So give to meet the needs of others.
    2 min
  • Woord vir Vandag - 4 Sep 2026
    “Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie…” Hebreërs 13:16 NLV
    Gee om vir ander te voorsien
    In die volgende Skrifgedeeltes leer die Bybel ons dat God van ons verwag om in die behoeftes van die minderbevoorregtes te voorsien: ‘As daar… ‘n arm Israeliet is… Gee gewillig sonder om sleg te voel daaroor en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen’ (Deuteronomium 15:7, 10 NLV). ‘Geseënd is die mens wat omgee vir die armes. In tye van nood sal die Here hom red. Die Here sal hom beskerm en hom die lewe laat behou… Die Here sorg vir hom as hy siek is en laat hom opstaan uit sy siekbed’ (Psalm 41:2-4 NLV). ‘Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. Mense wat ‘n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik’ (Spreuke 11:24-25 NLV). ‘Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte’ (Handelinge 2:44-45 NLV). ‘Aangesien julle in elke opsig uitblink… munt dan nou ook uit in hierdie liefdeswerk’ (2 Korintiërs 8:7 NLV). ‘Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak’ (Hebreërs 13:16 NLV). ‘Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broers en susters sien gebrek ly, maar weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde en gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings’ (1 Johannes 3:17-18 NLV). Gee dus om in die behoeftes van ander te voorsien.
    3 min

About Radio Pulpit

From the publisher's feed

Radio Pulpit is an established, reliable, relevant media voice and preferred Christian radio station and media partner in South Africa and beyond. With more than four decades of broadcasting…