Radioteater

Radioteater

Download on the App Store

Radioteater episodes

  • TUIMELDUIF deur Morné Malan
    'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk. Die verhaal is 'n herontdekking van die krag van vergifnis en aanvaarding, en wat dit beteken om mekaar regtig nodig te hê. Die regisseur is Amor Tredoux. Die rolverdeling sluit in Jacques Bessenger, Karli Heine, Johan Nel, Joanie Combrink en Zenobia Kloppers. TUIMELDUIF is ‘n merietepryswenner van die 2025-Radiodramaskryfkompetisie.
    1 hr 5 min
  • JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin
    Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrigtinge te ontspoor, want almal wil steeds weet wat van Joshlin geword het. Die regisseur is Johan Rademan. Die stemme van Zenobia Kloppers, Kay Smith, Miche van Wyk, Dean Balie en Denver Vraagom kan gehoor word. Nuwe stemme uit die Proscenium dramakompetisie-stal is Adri-Jo Waterboer, Leighmen Marshall, Chriswell Kotze, Bronwynne, Neer en Bronwyn Damon.
    1 hr 7 min
  • LIESBET deur Leon van Nierop
    Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer waar ‘n hotel pas gebou is. Hy ontmoet ‘n skoolseun, Gieljan, wat disleksies is, en wat saam met hom gaan ry. Dié twee het ‘n lewensveranderende invloed op mekaar. Die spelers is Deon Lotz, Rico Immelman en Ria Smit. Leon van Nierop het die regie behartig.
    1 hr
  • DIE POTPLANT deur Karli Heine
    ‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed: Wie is nou eintlik die vyand - Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat in die kantoor werk en klaarblyklik nie na hulle omsien nie. En die belangrikste - Is die gras werklik groener aan die ander kant? Die spelers is Joanie Combrink, Karli Heine, Lochner de Kock, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Musiek deur Grethe van der Merwe. Frieda van den Heever is die regisseur.
    39 min
  • AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)

    Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by hom spook. Net voor sy finale belydenis speel die werklikheid hier reg voor hom af... André Rossouw vertolk Salieri, en die gevierde verhoogregisseur, Marthinus Basson, Mozart. Ander spelers is Shirley Ellis, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Paul Malherbe, Pieter Cilliers, Dawie Ackerman, Johan Rademan, Jan Lombard en Pieter Bredenkamp. Margot Luyt het die regie behartig.

    1 hr 30 min
  • FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)
    Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié, Leona Rich, Dawie Ackerman, Trudie du Plessis, Louw Verwey, Kitty Albertyn, Amanda Muller, Paul Malherbe, Limpie Basson, Christine Liebenberg, Johan Rademan en Roy Niemann. Margot Luyt het die regie behartig.
    30 min
  • EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels
    Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die drama word gedra deur intense dialoog, atmosferiese klankontwerp en musiek wat as emosionele leitmotief dien. Die rolverdeling sluit sterk karakteruitbeeldings in deur Amanda Strydom, Pierre Breytenbach, Natasja Jacobs, Pietie Beyers, Zane Meas en Jakkie Groenewald. Elke karakter is ’n draer van hulle eie pyn, geheime en morele grys areas. Dis ’n rou en eerlike drama wat vrae stel oor identiteit, herinneringe en of ’n mens werklik van jouself kan wegkruip. Karen Wessels het die regie behartig.
    57 min
  • HARTSAKE deur Joe Kleinhans
    In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne tragedie wat diep delf in die psige van liefde, verlies en die stille brutaliteit van alledaagse verhoudings. Met Robbie Wessels, Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman. Luan Jacobs is die regisseur.
    59 min
  • SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet
    Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels.
    1 hr 8 min
  • GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg
    Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in haar ronddra, uiteindelik te verlig. Dit sluit in om Thomas Smit (Sean Brebnor) om te haal om haar op hulle plaas te besoek - oënskynlik om geldelike hulp by haar te kry. Thomas het 'n bevoorregte lewe gely. Hy is geheg aan sy ma (Bertha le Roux-Wahl), maar sekere feite wat ná sy pa se dood aan die lig kom, verwar hom. Ná sy besoek aan Martjie kry hy uiteindelik antwoorde. Ander spelers is Louise Eksteen as Kadija, 'n eertydse verpleegster wat Martjie jare gelede bygestaan het, en nuweling Mada Oosthuizen as Lianie Landman, die jong vrou wat deels verantwoordelik is vir Thomas se geldelike probleme. Die drama is in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman.
    57 min

About Radioteater

From the publisher's feed

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

More shows like Radioteater

Stuff You Should Know by iHeartPodcasts

Stuff You Should Know

78,360 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Snapped: Women Who Murder by Oxygen

Snapped: Women Who Murder

5,239 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

World of Secrets by BBC

World of Secrets

1,053 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

Vers en Klank by RSG

Vers en Klank

0 Listeners