President Cyril Ramaphosa vra beter dienslewering en ʼn verskuiwing in munisipale bestuur. Hy het gister deelgeneem aan die ANC se nasionale werkskomitee se besoek aan die Nelson Mandela-streek in die Oos-Kaap. Die besoek is deel van ʼn landwye program om vordering met dienslewering in metropolitaanse munisipaliteite te monitor. Ramaphosa sê daar moet beter na dorpe en stede gekyk word: