Doris Viljoen van die Universiteit Stellenbosch Sakeskool vertel wat dit beteken om 'n vrou in 'n leierskapsrol te wees. Daar word algemeen aanvaar dat leierskap te make het met die invloed wat 'n persoon op 'n groep of individue het om hulle te motiveer en inspireer om ʼn gesamentlike doelwit te bereik. In bestuurswetenskappe word daar ʼn onderskeid gemaak tussen amptelike en nie-amptelike leierskapsrolle.