Regine le Roux van Reputation Matters praat oor waardes en jou besigheid. Sy deel ook die lesse wat sy in die 15 jaar wat haar besigheid bestaan, geleer het. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor die faktore wat gelei het tot die sukses van maatskappye tydens Covid-19, en gee wenke vir kleinsake-ondernemings oor wat hulle kan doen om te groei.