Ilse-Marie Iding van Pretoria vertel van haar troue wat tydens grendeltyd plaasgevind het. Sy gee wenke aan voornemende bruide, gesels oor die besparing wat hulle kon maak weens die kleiner gastelys en die ander koste wat verminder het weens grendeltyd. Richus Nel van PSG Wealth werp lig op die belangrikheid van 'n finansiële adviseur en die beginsels waarop goeie finansiële beplanning rus. En Willie Cloete, 'n privaatsjef van Pretoria gesels oor die risiko wat hy geneem het toe hy van beroep verander het, en sy passie as 'n sjef begin volg het.