Lizette Volkwyn, meesterlewensafrigter en menslike leuenverklikker, gesels oor bestuurders wat onnodige druk op werkers plaas, en gee raad oor hoe jy dit kan hanteer deur net jou perspektief te verander. Arehan Brand van Smartlink Marketing praat oor die verskillende vorme van digitale bemarking en wat ons kan doen om besighede te ondersteun. Die skrywer, Johannes Bertus de Villiers, gesels oor perspektief, en hoe verandering baie keer gepaard gaan met verlies, maar dat jy altyd rede het om te hoop.