Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor skuldberading en verduidelik hoekom jy nie skuldberading kan kanselleer of van plan verander, as jy reeds met die proses begin het nie. André Kotzé van Ellipsis Consulting gesels oor die Wet op Kubermisdade, en verduidelik hoekom ons nie paniekbevange moet raak oor die wet nie, maar waarsku dat jy sekere beginsels moet toepas om jouself te beskerm, en om binne die raamwerk van die wet te bly.