Leonard Willemse van Mazars in Kaapstad gesels oor die verskillende soorte belasting, en raai jou aan dat jy jou belasting in orde kry, want Jan Taks sál jou vind. Omelia Hartzenberg van die Agentskap vir Regering- pensioenadministrasie in die Wes-Kaap gesels oor die dokumentasie wat nodig as ‘n lid van die fonds skei, en raai lede aan om professionele hulp te gebruik wanneer hulle skei. Anton Kotze, ‘n regulatoriese adviseur vir internetdiensverskaffers, deel ‘n doeltreffende en eenvoudige wenk om veilig te wees wanneer jy aanlyn is.